Vroue staan hul plek vol

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Caron Upton
Caron Upton

Met Vrouemaand wat vandeesmaand gevier is, het Eiendomme ondersoek gaan instel onder agente sowel as bedryfsleiers oor die vreugdes en frustrasies van vrouwees in die eiendomsbedryf.

Caron Upton

Caron Upton
Caron Upton
  • Caron Upton is 'n eiendomsagent sedert 2002 en bedien die Kaapse noordelike voorstede. Sy is onlangs aangewys as 'n handelsmerk-ambassadeur vir die Harcourts-groep, onder wie se vaandel sy sedert 2015 werksaam is.

Het die mark en tipes eiendom wat alleenlik deur vroue gekoop word, oor die afgelope paar jaar verander?

"Die gebied waarin ons werk, verkoop en speel - is hoofsaaklik geskik vir gesinne met skoolgaande kinders. Daar is topskole, wonderlike winkelsentrums en baie doen-dinge vir kinders."

Waarmee sukkel vroulike eiendomsagente die meeste deesdae?

"Eiendom verkoop kan baie veeleisend wees; met lang ure, naweekwerk en hoë stresvlakke wat die werk uitdagend vir vroue kan maak, veral dié met gesinsverantwoordelikhede. Daarmee saam moet ons 'n gesonde werk-leef-balans handhaaf te midde van 'n vinnig bewegende wêreld," sê Caron.

Wat kan of moet verander om daardie werksomgewing meer vrouvriendelik te maak?

"Die eiendomsbedryf is alewig aan die verander. Om mededingend te bly moet agente byhou met markneigings, regulasies en tegnologie. In ons geval verseker die Harcourts Academy, wat 'n geregistreerde opleidingsliggaam is, dat agente voortdurend aan die jongste vereistes voldoen."

Watter aspekte van jou werk geniet jy die meeste?

"Om nuwe gesinne te ontmoet en hulle te help om eiendom te koop of verkoop. Ons is toeganklik met 'n benadering van vertroue, eerlikheid en integriteit. Ons is verbind tot die sukses van ons kliënte, doen meer as wat verwag word en verseker ons is altyd beskikbaar met antwoorde en leiding.

"Huiskoop en -verkoop kan baie stresvol wees. Ons geniet die proses en deur daardie plesier streef ons om blywende verhoudings met ons kliënte te bou."

Pam Golding

Pam Golding
Pam Golding
  • Pam Golding, stigter van Pam Golding Eiendomme, voel weer op haar beurt dat vooropgestelde idees oor gender-rolle steeds hoogty in die bedryf vier.

"Ek dink die grootste uitdaging vir vroue vandag is om daardie ou wanpersepsie dat dit slegs 'n loopbaan vir verveelde huisvrouens is, verkeerd te bewys.

"Dit is geensins meer die geval nie. Eiendomshandel is deesdae 'n hoogs professionele bedryf wat vereis dat agente oor indiepte kennis beskik van die mark, sowel as van bemarking, verkope en die administratiewe proses; asook die wetgewende aspekte wat vereis word om 'n verkooptransaksie te beklink.

"Ek glo ook dat ons as vroue die geleentheid moet aangryp om ons eie geleenthede in die lewe te skep en daardeur doelwitte en sukses na te streef, en voortdurend onsself en ons omstandighede moet verbeter.

Yael Geffen

Yael Geffen
Yael Geffen
  • Yael Geffen, uitvoerende hoofbeampte by Lew Geffen Sotheby's International Realty.

En watter eienskappe het vroue wat hul manlike eweknieë tekort skiet?

Yael Geffen, uitvoerende hoofbeampte by Lew Geffen Sotheby's International Realty, sê die geheim lê in aanvoeling en intuïsie.

"Ek glo dat vroue 'n meer natuurlike vermoë het om te deel, deursigtig en oorspronklik te wees. Dis daardie eienskappe wat gewoonlik kopers of verkopers gerusstel of hulle deur die transaksieproses help.

"Ek sê glad nie dat mans nie soortgelyke vaardighede het nie, maar ek voel by vroue is daardie proses meer natuurlik omdat hulle gemaklik is in 'n ondersteunende, koester-rol."

SPELETJIES VANDAG

CTA