Eiendomme

Vryburg-plase onder die hamer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

As jy nog altyd 'n plaas wou besit, is dit nou jou kans.

Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk (OVK) gee kennis van 'n tender vir die verkoop van Vryburg-plase. Tenders word ingewag vir die gesamentlike of afsonderlike verkoop van die volgende plase:

'n Lugfoto van die hoofhuis.  Foto's: Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk
'n Lugfoto van die hoofhuis. Foto's: Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk (SYSTEM)
  • Gedeelte 6 van die plaas Doornlaagte 461, Vryburg-distrik, Noordwes. Grootte: 324,6256 ha;
  • Gedeelte 1 (Plessis Dam) van die plaas Doornlaagte 461, Vryburg-distrik, Noordwes. Grootte: 838,7718 ha;
  • Gedeelte 10 van die plaas Mooilaagte 463, Vryburg-distrik, Noordwes. Grootte: 256,9596 ha.

Gedeelte 1 (Plessis Dam) van die plaas Doornlaagte 461 het 'n hoofhuis van 513 m² wat bestaan uit onder meer ses slaapkamers, vier badkamers, 'n sitkamer, eetkamer, TV-kamer, studeerkamer, onthaalvertrek, kombuis, spens, opwasdeel en 'n 131 m²- grasdaklapa. Die huis is omhein met elektriese omheining.

Daar is ook 'n tweede huis van 164 m² met sitkamer-eetkamer-TV-kamer, drie slaapkamers, twee badkamers, 'n kombuis en 71 m²-lapa.

Verdere verbeteringe op die eiendom­ sluit in slagkamers, drie motorhuise met afdakke, twee toegeboude skure met afdakke, vier arbeidershuise, twee oop staalskure, melkstal, drie graanbuise, sewe kuilvoerskure, drukgang, voerkrale, twee sementdamme en 16 boorgate met dompelpompe/monopompe.

Daar is ook 50 ha se besproeiing met twee spilpunte van vier en vyf torings. Daar is Eskom-krag op die eiendom.

Gedeelte 6 van die plaas Doornlaagte 461 het weiveld met lusernlande en een gronddam.

Daar is Eskom-krag en een boorgat met dompelpompe/monopompe.

Gedeelte 10 van die plaas Mooilaagte 463 het weiveld verdeel in kampe met waterkrippe vir vee. Daar is ook 'n sementdam met 'n boorgat.

Die eiendomme beskik oor 'n verskeidenheid van boorgate toegerus met dompelpompe/monopompe.

Slegs tenders wat op die voorgeskrewe tenderdokument gedoen word en volledig voltooi is, sal oorweeg word.

  • Die tenderdokument kan gekry word by Erica Venter by 051 923 4518 of stuur e-pos na ericav­@ovk.co.za.

Tenders kan dan aan Venter gestuur word of na regsdienste@ovk.co.za en gemerk word "Tender: Koop van Vryburg plaas vir aandag bestuurder regsdienste".

Tenders moet voor 9 Junie om 16:00 ingedien wees. Vir besigtiging van die plase, bel Johan Scholtz by 083 452 9557 of laat 'n boodskap by 051 923 4518.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM