Met Suid-Afrika se huidige politieke onstabiliteit, ly verbruikers onder die nagevolge van swak regeringsbesluite.
Die rand het onlangs tot 'n historiese laagtepunt teen die dollar verswak. Die inflasiekoers, volgehoue beurtkrag en voortgesette politieke onstabiliteit en onsekerheid het ook die weg gebaan vir 'n verdere rentekoersverhoging.

Die jongste rentekoersverhoging kan die spyker in die doodskis vir talle verbruikers wees wat dit bloot net nie meer kan bekostig nie en hul huise en lewensbestaan kan verloor. Dit terwyl salarisse nie byhou met inflasie nie en daar ook ander bykomende verhoogde uitgawes is weens die styging in kospryse en kragtariewe. Verbruikers gaan ook al meer sukkel om by te hou met hul skuldterugbetalings.
Verbruikers word daagliks gekonfronteer met verhoogde inflasie, werkloosheid, korrupsie, hoë misdaadsyfers, die nasionale infrastruktuur wat inmekaar tuimel en politieke onstabiliteit. Dit is as't ware 'n mislukte staat.
Met die regering se lys van mislukkings wat net toeneem, word al meer basiese dienste in Suid-Afrika geprivatiseer namate die staat verder verval. Hierdie privatisering mag dalk Suid-Afrika se grootste ekonomiese reddingsboei wees.
Talle primêre funksies van die staat is reeds geprivatiseer, soos gesondheid, veiligheid, onderwys en nou ook energie. Groot kragprojekte in die private sektor is op pad terwyl die regering spook om die elektrisiteitskrisis aan te spreek. Hoewel die regering skynbaar daarteen gekant is om enige openbare ondernemings te privatiseer, gebeur dit eintlik reeds.
Daar waar die regering misluk, gryp die private sektor met alternatiewe oplossings in. Daar is al meer klem op die private sektor se betrokkenheid in die ekonomie en hou dit 'n belowende vooruitsig in.
Die privatisering van basiese dienste is meestal baie suksesvol en die vraag kan gevra word oor wanneer die tyd gaan aanbreek om ons finansies ook te privatiseer.
Die privatisering van dienste behels niks meer as die verandering van die diensverskaffer nie. Daar word maklik 'n wanpersepsie geskep waar individue die doel van privatisering verkeerd verstaan. Dit behels net dat dienste of produksiefaktore beter bestuur word deur die private sektor as onder staatsbeheer.
Die hulp van die private sektor word al meer aangevra, aangesien dié sektor oor die vermoë en kundigheid beskik om met oplossings vorendag te kom. Private eienaarskap skep persoonlike belang wat uiteindelik beter bestuur tot gevolg het. Daar is gewoonlik meer mededinging in die private sektor terwyl staatsinstellings dikwels monopolieë is.
In 'n land waar korrupsie en magsmisbruik hoogty vier, is privatisering 'n volhoubare oplossing en is dit hoogtyd om ernstige stappe te oorweeg in die daarstelling van totale privatisering.
- Privatisering van finansies: word deel van die oplossing
Met die bogenoemde in gedagte, is dit noodsaaklik vir beleggers om op hoogte te bly van die jongste gebeure en neigings in die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Die grootste voordeel van privatisering lê by die beheeraspek van die sektor. Wanneer daar belê word in die private sektor, verhoog dit die beheer wat hierdie sektor uitoefen oor die land se ekonomie. Ons sien talle nuusopskrifte van hoe die openbare sektor die land keer op keer teleurstel, en ek dink dis hoogtyd dat die algemene publiek optree teen korrupsie deur die private sektor te ondersteun.
Ondernemings in die private sektor het die beheer en mag om eties en effektief op te tree sodat geld doeltreffend bestuur word en kliënte se dividende dus doeltreffend uitbetaal word. Daar is tans beleggingshuise in Suid-Afrika wat slegs in die private sektor belê en seker maak dat etiese besluite geneem word van voetsoolvlak tot topbestuursvlak.
Om in die private sektor te belê, behels onder meer die noukeurige ondersoek van 'n onderneming se finansiële state, operasionele struktuur en bedryfsposisie. Hierdie faktore vereis professionele analiste en ervaring, en dit is die beste manier om te belê in 'n private ekwiteitsfonds wat die publiek die geleentheid bied om hul kapitaal te kan belê in ondernemings en dan namens hul kliënte die geld te bestuur.
Beleggings wat in die private sektor bestuur word bied talle voordele, nie net omdat die beleggings nie elke dag om 16:00 geprys word soos alle aandele op die JSE nie, maar ook omdat die werklike waarde van die onderneming direkte aanslag neem op die prestasie van die onderliggende struktuur. Dit is dan dus moontlik om vir kliënte 'n effektiewe opbrengs op meriete te bied.
Dit wil blyk dat Suid-Afrika se redding van privatisering afhang, veral as in ag geneem word dat die regering afhanklik is van inkomste- en sakebelasting. Stimuleer dus die private sektor, privatiseer onderpresterende staatsinstellings en heroorweeg alle wetgewing oor regstellende aksie. Word deel van die oplossing: belê in die private sektor!
- Vir meer inligting oor hoe jy jou finansies kan privatiseer, SMS "BEELD" na 45906. Everest Wealth is 'n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer (FSP 795 CAT I & II & IIA). B's en V's en standaard tariewe geld.



















