Oor die afgelope 20 jaar het ons Scoin-winkels duisende versamelaars verwelkom wat die wêreld van goud- en muntversamelings wil verken. Meer onlangs het besprekings oor kriptogeld teenoor goud al hoe meer die ronde begin doen.
Voordat enige versamelaar, belegger of spekulant enige bate aankoop, moet hulle seker maak hulle skenk aandag aan 'n paar belangrike vrae:
- Het ek genoeg inligting ingewin oor die bate se geskiedenis en sy prestasie oor tyd?
- Het ek oorweging geskenk aan alle moontlike risiko's en voordele betreffende die bate?
- Kan ek bekostig om hierdie bates te behou sonder om hulle in tye van nood te moet verkoop?
Nadat hierdie vrae beantwoord is, moet 'n mens die kennis, passie en belangstelling in die bate koester - vir die liefde daarvoor en nie net vir die potensiële gewin daaruit nie.
Soos wat Warren Buffett op 'n keer gesê het: "Moet nooit belê in 'n onderneming waarvan jy niks kan verstaan nie."

Daar is baie ooreenkomste en verskille tussen goud en kriptogeld:
- Die oorspronklike kriptogeldeenheid, bitcoin, is geskep as 'n vorm van beskerming teen fiat-geldeenhede om die mag aan die mense te gee deur blokkettingtegnologie te gebruik eerder as om staat te maak op geldstelsels wat deur die regering beheer word.
Goud dien op dieselfde wyse as 'n verskansing teen inflasie en ekonomiese en finansiële onsekerheid. Proef-Krugerrande, internasionale munte en gedenkpennings bied dieselfde waarde-proposisie aan mense wat "buite die stelsel" met hul geldsake wil wees.
- Bitcoin het niks met munte te doen nie. Dit is 'n balans van waarde wat jy aangekoop het of wat jy in jou kriptobeursie of portefeulje hou.
Tog word kriptogeldeenhede "gemunt" deurdat gebruikers transaksies daarmee verifieer (ook bekend as "mining"). Werklike munte word ook deur regeringsbeheerde instansies "gemunt" wat geldeenheidmunte sowel as versamelaarsgedenkmunte ter viering van sekere mylpale, gebeurtenisse, plekke van belang en revolusionêre persone bekend stel deur gebruik te maak van die beste beskikbare vakmanskap, gereedskap en edelmetale.
- As dit kom by die veiligheid van waardevolle bates is daar inherente risiko's betrokke by enige bergingsmetode.
Tog word die berging van fisieke goud in 'n goed bewaakte kluis in die algemeen as veiliger beskou as om kriptogeld in 'n digitale beursie te bêre. Digitale beursies vir kriptogeld kan kwesbaar wees vir kuberkrakery, internetbedrog en ander vorms van kuberaanvalle, wat die gevaar vir beleggers inhou dat hulle hul hele belegging kan verloor.
Boonop kan digitale beursies kwesbaar wees vir tegniese tekortkominge of menslike foute, wat kan lei tot die verlies van kriptogeld. Daarom is die fisieke berging van goud in 'n SafeGold-kluis 'n betroubaarder opsie as die digitale berging van kriptogeld in 'n digitale beursie vir mense wat veiligheid bo gerief stel.
Ons SafeGold-fasiliteit is 'n veilige en betroubare goudbergingsopsie wat versekerde, geouditeerde en onbeperkte bewaring van kosbare muntversamelings, asook bykomende gemoedsrus vir die belegger bied. Dit is altyd 'n beter opsie as om jou geld onder jou bed weg te steek, waar dit die gevaar loop om gesteel of verloor te word, sonder enige versekering van die veiligheid daarvan.
As voorstanders van die goudstandaard vir meer as 50 jaar glo ons dat tasbare munte vanweë die volgende redes 'n beter waardedraer is:
- Goud het 'n bewese prestasierekord van meer as 6 000 jaar;
- Munte kan makliker verstaan, gekoop, gehou en gebêre word;
- Goud is 'n toevlugsoord-belegging in onsekere tye; en
- Goud kan nie gemanipuleer, vervals of binnegedring word nie en sal altyd 'n skaars hulpbron bly.
The South African Gold Coin Exchange en The Scoin Shop het moderne tegnologie in verskeie vorms aanvaar en glo dat goud nie 'n direkte mededinger van kriptogeld in die geheel is nie, maar eerder 'n geleentheid vir vernuwing en samewerking. Ons aanvaar alle groot kriptogeldeenhede as betaling vir die wêreld se beste versamelaarsmunte. Bel ons, besoek ons, kripto ons.
Besoek www.scoinshop.com.
- Geskryf deur Rael Demby, uitvoerende hoofbestuurder van The South African Gold Coin Exchange.




















