Verdien jy ’n gemiddelde salaris?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

As jy meer as R23 526 per maand voor aftrekkings verdien, het jy 'n bogemiddelde salaris, blyk uit Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) vir die tweede kwartaal.

Salarisse in die formele sektor hou tred met inflasie.
Salarisse in die formele sektor hou tred met inflasie.

In Mei was dit die gemiddelde salaris vir mense wat in die formele sektor werk, bonusse en oortyd ingesluit.

Die salaris is 1,7% meer as in Februarie, maar 'n stewige 9,7% meer as in Mei 2020 - nie verrassend nie, gegewe dat baie mense se inkomste verlede jaar tydens die strengste vlak van die inperkings weens die Covid-19-pandemie verminder is. Baie kon byvoorbeeld nie oortyd werk nie weens korter handelsure of omdat regulasies oor sosiale distansiëring toegepas moes word.

Salarisse het dus wel die afgelope jaar stewig tred gehou met inflasie, wat in Junie 4,9% was. Dit was ook in Augustus, die jongste beskikbare syfer, 4,9%.

Altesame het die bruto vergoeding wat aan al byna 9,57 miljoen werknemers in die formele sektor betaal is, tussen die eerste en tweede kwartaal byna onveranderd op R715 miljard gebly. Dit is egter 10,9% meer as 'n jaar gelede. Dié syfers sluit bonusse en oortydbetaling in.

Mynbou en sakedienste is die enigste bedrywe waarvan bruto vergoeding op 'n kwartaalgrondslag gedaal het.

Net basiese lone en salarisse het met 1,1% tot R654 miljard gestyg, en is 9,2% meer as 'n jaar gelede. Mynbou het 2,6% minder bestee as 'n kwartaal gelede en gemeenskapsdienste 0,1% minder.

In alle bedrywe het salarisse teenoor die vorige jaar gegroei, met die skerpste groei, van 24,8%, in konstruksie.

Hanlie Stadler

SPELETJIES VANDAG

CTA