Verdien jy ’n gemiddelde salaris?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die nuwe koronavirus maak markte onstuimig - en die rand ly daaronder. Foto: Elvira Wood
Die nuwe koronavirus maak markte onstuimig - en die rand ly daaronder. Foto: Elvira Wood

Die gemiddelde werkende Suid-Afrikaner se salaris of loon het nie in 2021 tred gehou met inflasie nie.

Dié salaris het met net 3,9% gestyg - ingesluit alle bonusse en oortydbetaling - terwyl inflasie in 2021 gemiddeld 4,5% beloop het.

As jy nou meer as R23 982 per maand voor aftrekkings verdien, het jy 'n bogemiddelde salaris, blyk uit Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) vir die vierde kwartaal van 2021.

Dié gemiddelde salaris vir November 2021 is net 0,3% meer as drie maande vantevore, in Augustus, en 3,9% meer as in November 2020.

Die totale bedrag wat mediumgrootte tot groot ondernemings in die formele sektor aan salarisse en lone betaal het, het wél aansienlik meer as inflasie beloop, deels omdat meer mense betaal is. Die aantal poste het met 1,6% of 154 000 gestyg.

Die bruto vergoeding van die meer as 10 miljoen mense in dié sektor het met 6,7% tot R827,3 miljard gestyg.

Dis as volg saamgestel:

  • Basiese salarisse het met altesame 6,9% tot R719,6 miljard gestyg;
  • Bonusse het met 3,4% tot R85,7 miljard gestyg; en
  • Oortyd het met 13,1% tot R22 miljard gestyg.

LEES OOK: https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/ekonomie/bloedbad-van-afleggings-eindelik-in-formele-sektor-gestuit-20211215Groter ondernemings stel tóg in 2021 mense aan

Die grootste styging in die totale vergoeding was in mynbou, waar die bruto vergoeding aan alle werknemers, bonusse en oortyd ingesluit, met 14,7% gestyg het. Dié bedryf het 10 000 meer mense in die jaar in diens geneem.

Gemeenskapsdienste, wat die staatsdiens insluit, het altesame 9,3% meer opgedok vir salarisse, maar dit sluit in die 92 000 nuwe aanstellings, waarvan die meeste tydelike poste was.

Bruto vergoeding het net in een bedryf, nutsdienste, gedaal, met 0,5%. Dié bedryf het 1 000 minder poste gehad.

Hanlie Stadler

SPELETJIES VANDAG

CTA