Verdien jy ’n gemiddelde salaris?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die nuwe koronavirus maak markte onstuimig - en die rand ly daaronder. Foto: Elvira Wood
Die nuwe koronavirus maak markte onstuimig - en die rand ly daaronder. Foto: Elvira Wood

Gemeet teen inflasie het die deursnee- werkende Suid-Afrikaner in die eerste kwartaal eintlik armer geword.

As jy nou meer as R23 502 per maand voor aftrekkings verdien, het jy 'n bogemiddelde salaris, blyk uit Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) vir die eerste kwartaal van 2022. Dit sluit bonusse en oortyd in.

Dit is net 1,8% meer as in Februarie 2021, terwyl inflasie in Februarie 5,7% beloop het. Dit beteken die deursnee-salaristrekker se koopkrag was eintlik sowat 3,9% minder as 'n jaar gelede.

Die gemiddelde vergoeding is 1,4% minder as in November 2021.

Die totale bedrag wat mediumgroot tot groot ondernemings in die formele sektor aan salarisse en lone betaal het, het wél aansienlik meer as inflasie beloop, deels omdat meer mense betaal is. Die aantal poste het met 2% of 200 000 gestyg vergeleke met die eerste kwartaal van 2021.

Die bruto vergoeding van die meer as 10,1 miljoen mense in dié sektor het met 7,6% tot R799 miljard gestyg.

Dis soos volg saamgestel:

  • Basiese salarisse het met altesame 6,4% tot R716 miljard gestyg;
  • Bonusse het met 25,4% tot R63 miljard gestyg; en
  • Oortyd het met 4,2% tot R20,5 miljard gestyg.

Die grootste styging in die totale vergoeding was in vervaardiging, waar die bruto vergoeding aan alle werknemers, bonusse en oortyd ingesluit, met 15,7% gestyg het. Dié bedryf het 78 000 meer mense in die jaar in diens geneem.

Gemeenskapsdienste, wat die staatsdiens insluit, het altesame 5,8% meer opgedok vir salarisse, maar dit sluit in die 129 000 nuwe aanstellings, waarvan die meeste tydelike poste was wat vir die sensus aangestel is.

Bruto vergoeding het net in een bedryf, nutsdienste, gedaal, met 3,1%. Dié bedryf se aantal poste was onveranderd.

Hanlie Stadler

SPELETJIES VANDAG

CTA