As jy meer as R26 088 per maand vóór aftrekkings verdien,verdien jy 'n bogemiddelde salaris.
Dit was in Augustus 2023 die gemiddelde salaris in dieformele sektor in Suid-Afrika, ingesluit bonusse en oortydbetalings, volgensStatistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnemingspeiling.
Die peiling toon die formele sektor het sowat 256 000 postegeskep in die jaar tot einde September.
Die gemiddelde salaris was 4,7% hoër as in Augustus 2022,wat presies is wat inflasie in Augustus was. Dit beteken die gemiddelde salarishet sy koopkrag net-net behou, maar dit neem natuurlik nie die styging in dierentekoers in ag nie.
LEES OOK | 256 000 kry werk in formele sektor - grootlikstydelik
Danksy die aanstelling van 'n netto 256 000 mense het diebruto vergoeding aan alle werknemers in die formele sektor in September met6,5% gestyg teenoor 'n jaar gelede. Dit het R850,3 miljard beloop.
Die bedrag wat aan basiese salarisse en lone uitbetaal is,het met 6,2% tot R774,3 miljard gestyg.
Bonusse was 9,5% hoër op R51 miljard en oortydvergoeding9,7% hoër op R25 miljard.




















