Nederlander benut pandemie om township-onderneming te laat groei

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jonathan Linnen en Tendai Washington Makunuka is lede van YeboFresh se afleweringspan.  Foto: Verskaf
Jonathan Linnen en Tendai Washington Makunuka is lede van YeboFresh se afleweringspan. Foto: Verskaf

Sy het die township-ekonomie as 'n "slapende reus" beskou wat enige oomblik kan ontwaak.

Jessica Boonstra (45) het besluit sy wil deel wees van die ontwaking - al beteken dit sy moet self die reus uit droomland wakker skud.

Boonstra, 'n ingenieur wat eers by Shell en toe in die handel gewerk het, het in 2015 van Nederland na Suid-Afrika gekom.

Sy het liefdadigheidswerk in 'n township gedoen toe sy besef het daar is 'n mark om varsprodukte en ander kruideniersware direk na die mense in die township te bring. So sal hulle nie vir 'n taxi hoef te betaal om hulle na 'n supermark in die stad te neem nie.

Boonstra het YeboFresh vier jaar gelede uit haar motorhuis in Houtbaai begin en 'n nabygeleë township begin bedien.

Sy sê verbruikers was aanvanklik skrikkerig vir die nuwe konsep.

Sy het egter die Covid-19-pandemie as 'n geleentheid gebruik om haar netwerk in die township uit te brei.

"Toe organisasies kospakkies wou uitdeel het ons ons hulp aangebied omdat ons reeds in die township gevestig was en weet hoe die ekonomie daar werk," sê Boonstra.

Sy het toe agtergekom die onderneming moet sy fokus verskuif van individue na kleiner ondernemings, soos spazawinkels en restaurante, in die township.

" 'n Spaza-eienaar het gesien ons lewer by die skool langs hom af en het gevra dat ons by hom ook aflewer. Hy het gesê dat hy alleen by die winkel is en dit moet sluit as hy voorraad wil gaan koop. Hy is ook nie die enigste een nie," sê Boonstra.

YeboFresh het vinnig uitgebrei en lewer nou produkte af in 25 townships in die groter Kaapstad-gebied sowel as in Johannesburg.

Kopers kan in 13 verskillende tale op WhatsApp by YeboFresh bestel en die bestelling word binne 24 uur afgelewer.

Boonstra sê haar agente gaan ook uit om mense bekend te stel aan nuwe produkte en bied ook sake-advies

SPELETJIES VANDAG

CTA