Benoem jong grensverskuiwer in suiwelbedryf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Clement October (34), hoofkaasmaker by Klein River Cheese in Stanford, was verlede jaar die eerste ontvanger van die Hollard Game­ Changer-prys. Op die foto is (van links) Andries Wiese (nasionale besigheidsontwikkelingsbestuurder van Hollard), Octob
Clement October (34), hoofkaasmaker by Klein River Cheese in Stanford, was verlede jaar die eerste ontvanger van die Hollard Game­ Changer-prys. Op die foto is (van links) Andries Wiese (nasionale besigheidsontwikkelingsbestuurder van Hollard), Octob

Ken jy 'n jong werkende persoon in die suiwelbedryf wat 'n betekenisvolle bydrae in die bedryf maak? Skryf dan hierdie individu in vir die Hollard Game Changer-prys.

Dié prys is verlede jaar by die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap, aangebied deur Agri-Expo, vir die eerste keer aan iemand toegeken en nou soek hulle en Hollard na vanjaar se wenner.

"Die Game Changer-prys is in die lewe geroep om jong presteerders wat reeds 'n beduidende trefkrag in die suiwelbedryf het, te erken en te motiveer," sê Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo.

Clement October (34) het in 2024 die prys gekry. Hierdie hoofkaasmaker van Klein River Cheese in Stanford is bekroon vir sy merkwaardige reis oor die afgelope 15 jaar.

"Vooruitgang en ontwikkeling is noodsaaklik vir elke bedryf. Met die Hollard Game Changer-prys glo ons dat ons die energie en vaardigheid van hierdie ongelooflike diverse en talentvolle jong individue kan benut en 'n beter toekoms vir die suiwelbedryf as geheel kan skep. Om hierdie jong stemme aan te moedig en hul bydrae tot die suiwelbedryf te erken, is die sleutel tot 'n volhoubare toekoms," sê Andries Wiese, Hollard se nasionale besigheidsontwikkelingsbestuurder.

Belanghebbendes in die bedryf word deur Agri-Expo aangemoedig om uitsonderlike individue jonger as 40 jaar wat 'n betekenisvolle bydrae in die suiwelbedryf maak, te benoem. Hulle kry die titel en 'n R50 000-kontantprys.

Die wenner van die prys sal op 8 April by die Suid-Afrikaanse Suiweltoekenningsgeleentheid aangekondig word. Voltooi die vorm voor 5 Maart 2025 by https://cheesesa.co.za/nominate om iemand te benoem. Vir enige navrae: charlotte@agriexpo.co.za.

SPELETJIES VANDAG

CTA