Jongboer-kompetisie: Finaliste bekend

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vanjaar se finaliste vir die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar. Van links staan Hermann Heins, Mario Lombard, Jaco Bruwer, Francois Rossouw, Musa Mfengu, Gordon Anderson, André Swanepoel en Niel Bruwer.Foto: VERSKAF
Vanjaar se finaliste vir die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar. Van links staan Hermann Heins, Mario Lombard, Jaco Bruwer, Francois Rossouw, Musa Mfengu, Gordon Anderson, André Swanepoel en Niel Bruwer.Foto: VERSKAF

Altesame agt jongboere ding vanjaar mee om die titel vir Agri Wes-Kaap Santam Jongboer en hulle verteenwoordig verskeie streke oor die provinsie heen.

In hierdie kompetisie word jaarliks die beste Wes-Kaapse jongboer onder die ouderdom van 40 aangewys; dis 'n viering van uitnemendheid, leierskap en volgehoue toewyding in die landboubedryf.

Vanjaar se finaliste is die volgende jongboere:

  • André Swanepoel (28) boer reeds sewe jaar in die Langeberg-gebied met sitrus, steenvrugte, wingerd en groente.
  • Francois Rossouw (30) het ses en 'n half jaar se ondervinding in die Hexriviervallei, waar hy tafeldruiwe op 310 ha produseer.
  • Gordon Anderson (36) boer 16 jaar met appels en pere op 83 hektaar in die Overberg.
  • Hermann Heins (25) bestuur 125 hektaar wingerd en 450 varksôe in die Stellenbosch-streek.
  • Jaco Bruwer (25) van Barrydale boer reeds vyf jaar met perskes, nektariens, pere, appelkose, suurlemoene en pampoene.
  • Mario Lombard (39) is 'n ervare boer van George wat al vir 19 jaar boer en onder meer avokado's en vleisbeeste bestuur.
  • Musa Mfengu (39), wat reeds 13 jaar in die bedryf is, kom van Tulbagh en produseer bloubessies op 36,6 hektaar.
  • Niel Bruwer (37) kom van die Ceres/Hamlet-gebied en sy onderneming sluit in droëvrugte op 90 hektaar en kernvrugte op 145 hektaar.

Inus Oosthuizen, sameroeper van die beoordelaarspaneel, sê hulle is baie opgewonde oor die plaasbesoeke aan elkeen van die boere wat voorlê.

"Elke jaar word ons verras deur die gehalte van jong boere in ons provinsie - en vanjaar is geen uitsondering nie.

"Wat hierdie groep besonders maak, is die diversiteit van boerderye wat ons gaan besoek - van bloubessies tot varke, en van tafeldruiwe tot avokado's.

"Ek sien uit daarna om eerstehands te beleef hoe hierdie boere in hul onderskeie velde uitblink."

Vanjaar se Wes-Kaap Jongboer van die Jaar word op 11 Junie 2025 aangekondig en dié wenner sal die Wes-Kaap in die Nasionale Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie later vanjaar verteenwoordig.

  • Lees meer oor vanjaar se wenner in Landbouburger van 27 Junie 2025.

SPELETJIES VANDAG

CTA