Implats wil steeds Royal Bafokeng koop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Implats het ’n vaste aanbod op die tafel om Royal Bafokeng Platinum vir R150 per aandeel oor te neem.
Implats het ’n vaste aanbod op die tafel om Royal Bafokeng Platinum vir R150 per aandeel oor te neem.

Die platinumgroep Impala Platinum (Implats) is nog vasbeslote om sukses te behaal met die koop van 'n meerderheidsbelang in Royal Bafokeng Platinum.

So het Nico Muller, uitvoerende hoof van Implats, Donderdag gesê met die bekendmaking van Implats se halfjaarsyfers tot einde Desember.

Implats het sy aandeelhouers met 'n tussentydse dividend van R4,20 per aandeel beloon en die groep het in die halfjaar danksy goeie randpryse van platinumgroepmetale sy omset met 4% tot R57,8 miljard opgestoot.

Verkoopskoste het egter met 8% tot R40,6 miljard gegroei en 'n bruto wins van R17,2 miljard is behaal. Die basiese en wesensverdienste het met 1% tot R14 miljard gegroei, maar op 'n per-aandeel-grondslag is dit onderskeidelik 3% en 2% laer.

Implats het wel van al sy skuld ontslae geraak en kon die tydperk met netto kontant van R27 miljard afsluit.

Hoewel Implats verwag dat die kragkrisis in Suid-Afrika erger kan word, is sy produksie nie so erg daardeur geraak nie.

"Bedryfsmomentum is behou en daar was beperkte regstreekse impak op mynvolumes weens die stygende beurtkrag in Suid-Afrika," sê Muller in sy kommentaar op die resultate.

Tog was sy produksie van geaffineerde en verkoopbare produkte 9% laer op 1,48 miljoen ons en verkoopsvolumes was 2% laer op 1,52 miljoen ons.

Die verwerkte produkte in sy Suid-Afrikaanse bedrywighede is geraak deur die tydsberekening van instandhouding en die toename in die omvang en frekwensie van las-inperking - soos Implats die proses noem waardeur Eskom hom vra om sy kragverbruik te besnoei.

In totaal is 'n geraamde 9 000 ons gemynde volumes verbeur en sowat 38 000 ons geaffineerde produksie weens die kragtekorte oor die halfjaar uitgestel.

Impala het bedrywighede in die Rustenburg-omgewing in Noordwes, asook in Zimbabwe en Kanada.

SPELETJIES VANDAG

CTA