Goud- (R350) en silwerkleurige halssnoere (vanaf R280), Lovisa. Asimmetriese wit katoenhemp (R459), Y&G by Foschini.
Sê dit met blomme

Blomme bekoor wanneer dit by juweliersware vir 2025 kom. Oorgroot of klein en fyn, kry jou inspirasie uit die natuur. Kristal-hangoorbelle van versilwerde koper (R1 299).
Op die loopplank

Tydens Gucci se Lente/Somer 2024-vertoning in Parys het bonkige armbande aan modelle se arms geseëvier.
Bonkig in die kollig

Vir 2025 is 'n treffende armband 'n móét; op die loopplanke van Chanel tot Fendi het die armband die kollig gesteel. Vir ekstra drama, dra verskeie saam. Bonkige armband van vergulde koper (R1 299).
Hoepel hier, hoepel daar . . .

Hoepeloorbelle, sterk en bonkig, beleef 'n oomblik vanjaar. Kyk vir interessante detail op die hoepel soos diamanté of pêrels. Hoepeloorbelle van versilwerde sink met diamanté-detail (R429).
Pêrels kry 'n nuwe houding

Vir jare is pêrels gesien as meer konserwatief, maar vanjaar word dit herdefinieer in van oorgroot ringe tot meer organiese vorms. Daar is iets vir elke vrou se styl. Koepelvormige ring van versilwerde rodium met kunspêrels (R250).
Oog op die bal

Hou jou oog op die bal vir 'n moderne aanslag tot juweliersware. Van klein tot groot sfeer-detail trek dié somer die aandag. Halssnoer van tou, koper, pêrels en geverfde houtballe (R1 650).
* Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel





















