Styl

Modedinge: Van pastelle tot elegante handsakstyle

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

1. Satyn

Pienk satynbroek (R529), H&M. Pistasiegroen snyersbaadjie van herwinde poliëster (R529), H&M. Olyfgroen laehak-insteekskoene van kunsleer (R499), Foschini. Silwerkleurige halssnoer (R110), Queenspark. Foto: Cass Collett, model: Lisa Koedooder van Boss Models

2. Romanties en vroulik

Tydens die vertoning van Chanel se Haute Couture 2024-reeks in Parys het pastelkleure die loopplank oorheers. Van hul kenmerkende tweed-items tot romantiese, vroulike uitrustings. Foto: Getty Images

3. Poeierblou

Poeierblou is 'n sterk kleur danksy sy veelsydigheid in van gestreepte tot klassieke stapel-items. Blou-en-wit gestreepte katoenhemp met kant-insetsels (R1 599), mango.com Foto: Verskaf

4. Totsiens goud, hallo silwer

Totsiens goud, hallo silwer. Vir 'n vars aanslag in die nuwe seisoen, kies bonkige silwer juweliersware. Silwerkleurige sink-armband (R599), mango.com Foto: Verskaf

5. Blom-betowering

In die nuwe seisoen kan ons nie genoeg kry van die krag van blomme nie. Veral 3D-blomme in bykomstighede trek aandag. Verstelbare halssnoer wat ook as belt gedra word (R499), Zara. Foto: Verskaf

6. Punthakke

Punthakke is terug! En nie net vir kantoor nie, dit rond enige somersuitrusting af. Silwer punthakskoene van kunsleer (R999), Zara. Foto: Verskaf

7. Elegansie

Die eenvoudige dog elegante silhoeët van die handvatsel is wat hierdie handsakstyl so gewild maak. Voeg nostalgie by 'n uitrusting met 'n taankleurige kunsleerhandsak (R800), Colette deur Colette Hayman by Foschini. Foto: Verskaf

  • Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM