Tydens die vertoning van Ermanno Scervino se Herfs/Winter 2024/2025- reeks in Milaan het wynrooi uitrustings in verskillende teksture die kollig gesteel.
Klein maar getryn

Dis hierdie handsak met sy verskeie kompartemente. Perfek vir 'n georganiseerde lewe. Kunsleer-handsak met verwyderbare sebravel-patroonband.
Staatmaker

'n Tydlose trenchjas bly 'n staatmaker. Maar as jy iets nuuts soek, wees op die uitkyk vir een van leer.
Baadjies wil sy dra

Dubbelbors-baadjie (R799) van viskosemengsel met bypassende wyepypbroek (R559) en groot, sagte palmhandsak van kunsleer
Brei-brei so

Breistof-items is oral, van rokke, rompe en ja, tot broeke. Dra jou romp naweke saam met jou gunstelingtrui en tekkies, en kantoor toe met kniestewels en 'n snyersbaadjie. Noupassende midiromp van wolmengsel.
My tyd!

Klassieke horlosies, veral in roosgoud, is groot vir 2025, maar vir vernuwing in dié tydlose style kan jy 'n sterk kleur soos wynrooi kies. Roosgoudvergulde horlosie met Swarovski-kristalle en boergonje leerbandjie.
Snoesig teen die koue

'n Snoesige trui is altyd 'n winterwenner. Dis nie net gemaklik nie, met slim stilering kan jy dit ook stylvol vir die kantoor dra. Rondenektrui van katoenmengelstof.
- Produkpryse is voorgestelde pryse en kan verskil van winkel tot winkel















