Liefde is 'n ongedaan makery van gedane sake
Dis die besef dat ek meer verdien -
meer as wat jy ooit bereid was om te gee.
Liefde is 'n herroeping van wat was -
Jou skewe glimlag op die skooltrap, die skakering van bruin in jou oë, die manier hoe jy my kyk
of ek gedink het jy na my kyk.
Liefde is die besef dat ek meer verdien.
Dis die besef dat jy was omdat ek jou lief het -
gehad het.
Uiteindelik net 'n illusie.
Liefde is die herbesoek van
oomblikke
herinneringe
en die terugneem van elke stukkie van my hart
Liefde is my herkoms, my menswees.
Liefde is ek.

- Tammy-Lyn studeer BA-Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy kom van Concordia in Namakwaland.
- Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
- Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
- Volg ons op Instagram en Facebook!
WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:




















