Die Student

Digkuns Dinsdag: Mense en monsters

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Mense en monsters.

Helde en skurke.

Ons is almal dieselfde.

Dit hang net af van die

perspektief.

Ons verdraai 'n storie tot 'n

leuen, en vertel onsself dat dit

minder seer gaan maak.

Ons hou aan met iets wat

ons weet ons

ondergang sal wees.

Ons bly in verhoudings

wat nie gaan hou nie.

Ons hou vas aan

vriendskappe wat niks

vir ons beteken nie.

Ons verbeel ons

dat liefde iets meer

as 'n chemiese reaksie is.

want

net die idee van

alleenwees maak ons so

bang dat ons gedigte, prosa en

boeke daaroor skryf.

dit is wat ons mens maak.

Die vrees vir eensaamheid,

dis wat van ons mense en

monsters maak.

Die nuttelose verhoudings

dis wat ons helde en skurke maak.

Ons leef in ons skadu's,

bang vir die lig.

Ons vertel onsself

wat moet

gebeur sal gebeur,

maar diep in ons siel

weet ons dis 'n leuen.

Net sodat ons nie so

skuldig moet voel nie.

Ons lieg.

Daar is nie 'n mooier woord nie.

Ons lieg vir ander mense

en vir onsself.

Mense of monsters.

Helde of skurke.

Ons is almal dieselfde,

leuenaars.

Jayden Alberts.
Jayden Alberts. (Foto: Verskaf)
  • Jayden is 'n leerling aan Gill Kollege, 'n hoërskool in Somerset-Oos.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog heeltyd hoe dit werk? Kyk na hierdie video.

Jayden Alberts, Gill College

CTA