Dís die truuk met BA-graad

"BA is nie 'n graad nie."

Dié inskrywing op ons studentegroep op Facebook verlede jaar het hordes kommentaar van ontstoke lede ontlok.

Hoekom sal jy iemand se kwalifikasie so verkleineer? Ondernemings soek kritiese denkers en dit is wat die BA-graad bied. Dit dwing jou om vernuwend te dink.

Die baccalaureus-graad is 'n uitdagende maar tog toeganklike graad.

Dit beperk jou geensins tot net een werksrigting nie. Dit bied jou die geleentheid om jou vlerke te sprei.

Die BA-graad help jou om jou vlerkte te sprei. Foto: Unsplash
Die BA-graad help jou om jou vlerkte te sprei. Foto: Unsplash (Unsplash/Unsplashed)

Nagraadse opsies soos onderwys (nagraadse onderwyssertifikaat), sielkunde, taalkunde, letterkunde, vertaalkunde, joernalistiek en sosiale wetenskappe (advokaat vir openbare gesondheid deur middel van sosiologie) is moontlik met behulp van hierdie graad.

Ek is tans 'n BA-honneurstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK). My studies is in die veld van sosiolinguistiek, waarin ek die taalgebruik van bejaardes in die Suid-Kaap-omgewing bestudeer.

Om my BA te voltooi was uitdagend, maar gelukkig het die departement Afrikaans en Nederlands aan UWK my goed ondersteun.

Volgens ons sosiologiedosent gaan daar 'n groot vraag na sosioloë in SA wees.

Baie studente is gekant teen die BA-graad, want hulle dink dat dit nie juis van nut is nie. Hulle bevraagteken of die graad wel genoeg geleenthede bied en is bang dat die geleenthede vir werk beperk is.

Hierdie studente verwag dat enige werk sommer in jou skoot gaan val. Die truuk met die BA is dat jy behoorlik moet gaan soek vir werk, want enige ordentlike werk verg ordentlike ondersoek. Jy moet jou passie vind en gelukkig wees met wat jy doen.

'n BA laat jou vernuwend dink.

Perlin Manewil Foto: Verskaf
Perlin Manewil Foto: Verskaf

Twee jaar gelede het ons sosiologiedosent gesê daar sal in Suid-Afrika 'n groot vraag na sosioloë wees om aspekte soos gesondheid te bestudeer.

Vir diegene wat steeds aanmerkings oor die BA-graad maak, begryp asseblief die belangrikheid van sosioloë, gemeenskapsontwikkelaars, maatskaplike werkers (geassosieer met die BA-graad), sielkundiges, teoloë (en ander religieuse leiers), politici, geograwe, ensovoorts, in hierdie kritieke tyd van die koronaviruspandemie.

Dit is maar net 'n paar spesialiste wat benodig word om die pandemie te beveg. Ons is lief vir en waardeer ons gesondheidswerkers, maar laat ons nie die belangrike rol van bogenoemde spesialiste ignoreer nie.

Indien daar nog iemand is wat onseker is oor wat hy of sy wil studeer, kies die BA-graad.

Nes enige ander graad verg 'n BA-graad harde werk vir 'n blywende verandering in ons samelewing. Om 'n BA te hê, lê die fondament vir 'n goeie loopbaan.

Dit kan letterlik jou paspoort tot 'n blink toekoms wees, maar dan moet jou ingesteldheid reg wees.

  • Perlin 'n honneursstudentaan die Universiteit van Wes-Kaapland.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instragram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Perlin Manewil, Uwk

SPELETJIES VANDAG

CTA