Die Student

’n Brief aan mnr. H. Kennedy

Geagte mnr. H. Kennedy, ek wil dit al lankal doen, maar het nooit die regte woorde gehad nie.

Vanaand, terwyl ek Spotify luister, kom "Mej. Sonneblom" op, toe dink ek net daar is selde iets soos die regte woorde.

Toe dog ek in daardie oomblik "just go for it" en nou is ek besig om die einste boodskap aan 'n Afrikaanse musieklegende te tik.

Hunter Kennedy
Hunter Kennedy

Kan jy jouself 'n Afrikaanse musiekbedryf sonder die kloppende waarhede wat in elke Afrikaanse rock/alternatiewe rock opgesluit lê indink?

Die pen is magtiger as die swaard. Wie ook al dít gesê het, het met alle respek net 'n halwe waarheid verkondig.

Want enige Jan Rap en sy maat kan met 'n Bic-pen 'n paar velle skoon papier genadeloos bevuil met allerhande walglike niksseggende idees.

Uiteindelik is die arme stuk papier bestem vir verassing deur net nog 'n desperate junkie op jou voorstoep of die verveelde skoolkind wat jy jou eie noem, netjies opgerol vol twak in 'n bladsy vol bypassende twak in ag neem.

Ludwig Gruber
Ludwig Gruber

Nee gedorie, watter nut het die geskrewe woord as die helfte van jou eie nasie dag ná dag 'n ongeletterde bestaan maak en hul stem aan skelm politici toevertrou?

Die einste politici wat hul aanhangers opsweep en aanhits om biblioteke en onderriginstellings met petrolbomme te bestook? Want brandstof is mos goedkoper as 'n ordentlike bord kos.

Weer eens verander jare se kennis en innovasie, binne die val van 'n wimper as die oog wink, na roet en as.

My punt wat ek uiteindelik aan jou wil stel doen homself voor as net nog 'n filosofiese vraag sonder antwoord.

Is die pen nog steeds so magtig as daar niemand is om dit lees nie?

Met musiek is dit anders. Musiek, met al sy strelende melodieë, blaas vlietend lewe in daardie einste geskrewe ink.

Maar die woorde leef voort in elke siel en verstand wat daarop verlief geraak het.

Veral as twee wildvreemde mense ontmoet, is musiek die taal wat hulle kan bind.

Ek begin nou die hele prentjie te sien. In my geestesoog sien ek die dromme is in beheer as dit 'n hartklop aan die enkelsnit voorsien.

Musiek is dus wonderlik, want dit beskik oor 'n unieke hartklop.

Die diafragma klim en daal saam met die lieflike toonlere wat dit soos 'n lewende wese laat asemhaal. Heel aan die begin het ek egter genoem dat daar kloppende waarhede in musiek, veral Afrikaanse musiek, opgesluit lê.

Ek is glad nie musikaal nie. Maar ek is versot op musiek. Veral as twee wildvreemde mense ontmoet, is musiek die taal wat hulle kan bind.

Dankie vir jare se awesome Afrikaanse musiek. Jy is een van die beste rolmodelle in die huidige Afrikaanse musiekbedryf.

  • Ludwig is 'n derdejaarstudent wat BSc Omgewingswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit studeer. Sabie, Mpumalanga, is sy tuisdorp.
  • Die menings in hierdie rubriek weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook
Ludwig Gruber, Noordwes-Universiteit

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM