Die eindronde van die 42ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad word Dinsdagaand met die aankondiging van die wenner op die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein afgesluit.
Die 14 finaliste en hul ouers is reeds van Maandag af hier bymekaar vir die finale beoordeling.
Die finaliste is van links, voor: Michael de Bruyn (Futurum Akademie, Jan Kempdorp) en Franco van Heerden (Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus); agter: Mckyla van der Walt (Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein), Miané Smit (C & N Meisieskool Oranje, Bloemfontein), Elizabeth Joubert (C & N Meisieskool Oranje, Bloemfontein), Thinica McAnda (Eunice High School, Bloemfontein), Miya Jordaan (Hoërskool Trio, Kroonstad), Ilke de Klerk (Hoërskool Goudveld, Welkom), Reikantse Manaka (Eunice High School, Bloemfontein), Marlé van der Merwe (Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein), Renienke van Heerden (Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein), Karli Janeke (St. Dunstan's College, Benoni), Elke du Plessis (Eunice High School, Bloemfontein) en Cilethe Julies (Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein). Foto: CHARL DEVENISH (SYSTEM)