Die name van die 25 topkandidate in die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad se 43ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie word hier aangekondig.

Vanjaar het die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein die meeste matrikulante in die top-25-groep met drie leerlinge. Nog vier Bloemfonteinse skole het elk twee leerlinge in die top-25: Grey Kollege, die Hoërskool Fichardtpark, die C & N Meisieskool Oranje en die Hoërskool Bloemfontein.
Die 14 topkandidate neem van 30 September tot 2 Oktober by die Monte Bello-landgoed aan die eindronde deel. Die 11 semifinaliste, die res van die groep van 25, kwalifiseer ook vir beurse en prysgeld van die borge. Hierdie 25 uitblinkers is matrikulante wat aan die vereistes van prestasies op akademiese, leierskaps-, sport- en kultuurgebied voldoen. Hulle is gebalanseerde leerlinge wat, benewens uitstekende akademiese prestasie hul staal op verskeie terreine toon en is dikwels ook in hul gemeenskappe betrokke.
Die Kovsie Alumni-trust is die hoofborg van die kompetisie en gee R125 000. Die ander borge is Absa (R85 000), Pick n Pay Preller Walk (R15 000 vir die wenner en kombuisware vir die 14 finaliste) en Forvis Mazars (R35 000). Die 14 finaliste en hul ouers word gedurende die eindronde in Bloemfontein bederf.
Die pryse is soos volg:
- Wenner: R25 000 prysgeld in 'n Absa-rekening ná registrasie in 2025 en 'n R12 000-studiebeurs van UV-Studentewerwing.
- 13 finaliste: R12 000 prysgeld in 'n Absa-rekening ná registrasie in 2025, 'n studiebeurs van R7 500 en ander geskenke van die borge.
- Twee spesiale pryse van R5 000 van die Kovsie Alumni-trust word toegeken vir uitstekende persoonlike prestasies in sport en kultuur.
- 11 semifinaliste: R5 000 prysgeld en 'n studiebeurs van die UV (R3 500) sodra hulle in 2025 aan die UV registreer.
Tydens die finale beoordeling sal die beoordelaars wat die borge verteenwoordig, onder meer onderhoude met die 14 finaliste voer. Die kompetisie se ouditeurs, Forvis Mazars, sal deurentyd teenwoordig wees om seker te maak die beoordeling verloop glad en regverdig.
- Hier onder is die top-25 in alfabetiese volgorde.
Top-14

11 semifinaliste








