Eerste Engels-vraestel ‘uitdagend, maar regverdig’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Daneal Roode, Ilme Taljaard en Altus Malan van die Hoërskool Menlopark in Pretoria was Maandagoggend in ’n ligte luim nadat hulle kreatiewe skryfstukke vir Engels addisionele taal moes uitdink. Foto: Quinton Lourens
Daneal Roode, Ilme Taljaard en Altus Malan van die Hoërskool Menlopark in Pretoria was Maandagoggend in ’n ligte luim nadat hulle kreatiewe skryfstukke vir Engels addisionele taal moes uitdink. Foto: Quinton Lourens

Matrieks met Engels huistaal of addisionele taal as vak kon Maandag kies en keur waaroor hul kreatiewe skryfstukke vir hul matriekeksamen handel, en kenners meen die vraestel was billik.

'n Onderwyseres verbonde aan die Solidariteit-skoleondersteuningsentrum, wie se naam weerhou word om integriteit te verseker, meen daar was 'n goeie verskeidenheid onderwerpe en verwag goeie opstelle.

"Dit was nie moeilik nie en was regverdig. Uitdagend, maar regverdig."

Volgens haar het die vraestel aan alle riglyne voldoen en behoort die vrae nie 'n verrassing te gewees het vir leerlinge wat goed voorbereid was nie. Die matrieks se kennis en vaardighede is op die nodige vlakke getoets.

"Alles in ag genome, was dit 'n uitstekende vraestel."

LEES OOK | Engelse opstelle 'n goeie begin vir eindeksamen, sê matrieks

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) is ook tevrede met die vraestelle.

"Dit was 'n billike vraestel met lieflike vrae en 'n verskeidenheid onderwerpe waarby die leerlinge sou aanklank vind," lui die terugvoering wat Fedsas ontvang het.

"Interessante onderwerpe in pas met hul ouderdomsgroep."

Verder kon leerlinge 'n tydskrifartikel oor effektiewe tydbestuur, 'n doodsberig, dialoog, plakkaat, dagboekinskrywings of selfs instruksies neerpen.

Die huistaalvraestel het "inspirerende onderwerpe" soos kunsmatige intelligensie gehad. In die tweede afdeling kon daar kreatief gedink word met 'n onderhoud, informele toespraak, boekresensie, brief aan die pers en dies meer.

Vanjaar se matrieks sal oor 'n week die taalvraestel skryf, terwyl letterkunde op 13 November aan die beurt kom.

SPELETJIES VANDAG

CTA