Die finaliste in vanjaar se Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad is voor van links: Omphile Choane (Welkom High School), Chrisna Roelofse (Hoër Landbouskool Jacobsdal), Amy Jacobs (Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein), Franke du Plooy (Langenhoven-Gimnasium, Oudtshoorn) en Jordan Goodman (Hoërskool Bloemfontein). Agter van links is Thomas Olivier (Hoërskool Middelburg, Oos-Kaap), Onthatile Thaga (Hoërskool Upington), Mia Coetzee (Hoërskool Sentraal, Bloemfontein), Dawie Botes (Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein), Joshua Horak (St Andrews School, Bloemfontein), Niël Arlow (Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein), Didi Nel (C & N Meisieskool Oranje, Bloemfontein), Veliswa Black (Hoërskool Bloemfontein) en Lourens van Niekerk (Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein).Foto's: Charl Devenish
Die eindronde van die 41ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad is verlede week van 4 tot 6 Oktober op die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein vir die 14 topfinaliste gehou.
Nadat die kompetisie in 2020 weens die Covid-19-pandemie nie kon plaasvind nie en verlede jaar onder streng beperkings aangebied is, het vanjaar se volwaardige eindronde en galadinee vir groot opwinding gesorg.
Die finaliste het geskitter in hul pragtige aanddrag op laasgenoemde geleentheid ná twee dae waarin hulle behoorlik getoets is, die paneel beoordelaars moes beïndruk en nuwe vriendskappe kon sluit met medefinaliste.
Charl Devenishhet die geleentheid in foto's verewig.
Vanjaar se Matrikulant van die Jaar is Joshua Horak (regs) van die St Andrews School in Bloemfontein. By hom staan van links prof. Francis Petersen (rektor en vise-kanselier van die UV) en Duncan Pentz (franchisehouer van Pick n Pay Preller Walk). Die UV, Netwerk24 en Volksblad bied saam die Matrikulant van die Jaar-kompetisie aan. Saam met Nomonde Mbadi (direkteur: studentewerwing, UV) is Omphile Choane en Didi Nel. Mazars is 'n borg (R35 000) en amptelike ouditeur van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Van links is Dawie Botes, Thinus de Vries ('n vennoot van Mazars) en Veliswa Black. Die sanger en tjellis Corneil Muller (middel) was die seremoniemeester op die galadinee. By hom is Joshua Horak (wenner) en Franke du Plooy. Netwerk24 en Volksblad was vanjaar weer saam met die UV die aanbieder van die kompetisie. Van links is Jordan Goodman, Dirk Kok van Netwerk24/Volksblad, en Chrisna Roelofse. Pick n Pay Preller Walk dra R15 000 by tot die wenner se prysgeld en skenk aan elke finalis 'n mikrogolfoond en R500-koopbewys. Van links is Mia Coetzee, Elize Pentz (Pick n Pay Preller Walk) en Lourens van Niekerk. Absa dra R85 000 by tot die prysgeld van die kompetisie. Van links is Thomas September (streekbestuurder van Premium Besigheid: Sentraal-streek, Absa), Onthatile Thaga, Niël Arlow en Brian Mokete (area-segmentbestuurder: Openbare Sektor, Absa, en 'n beoordelaar). Die Kovsie Alumni-trust (KAT) dra as hoofborg R125 000 tot die prysgeld van die kompetisie by. Van links is Esmé Aucamp (KAT en ook sameroeper van die beoordelaars), Kathy Verwey (voorsitter van die KAT en 'n beoordelaar), Amy Jacobs en Thomas Olivier. Tien jaar gelede se wenner, Chris Hoffman (regs), was ook een van die sprekers op die galadinee. Van links is Niël van der Walt, wat verlede jaar die 40ste wenner was, en Sobeth Jordaan, 'n finalis toe die Matrieknooi-kompetisie die eerste keer aangebied is en wat byna drie dekades in verskillende hoedanighede by die reëlings betrokke was. Die finaliste van 2021 het vanjaar as chaperones tydens die eindronde opgetree. Van links is Duan Maritz, Zelmi Marx, Marzanne van Heerden, Zelmé Heyns, Rianette Kemp, Riandré Nel, Isa-mari van den Berg, Khahliso Mokitimi, Kgosatsana Mabalane, Thando Bhembe en Niël van der Walt.