SPOG | Die Hoërskool Overberg se toppresteerders

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(James Cahill)

Ovie-matrikulante van 2024, welgedaan! Dié woorde staan uit: 100%-slaagsyfer!

Baie geluk aan elke matrikulant. Deur hartseer en uitdagende tye het julle uitgestyg en geleenthede met albei hande aangegryp. Julle het inderdaad jul onderwysers se Ovie-harte trots gemaak. Harde werk het verseker dat byna die helfte van die klas bo 60%-gemiddelde het. Julle is ook 'n bewys van die puik omgee-opvoeders wat alles gedoen het om julle te ondersteun en waarsonder die pragtige uitslae nie moontlik sou gewees het nie.

Baie geluk aan Overberg se topdrie-kandidate met jul puik prestasies: Chanté de Bruyn, Annelie van der Linde en Dawn Abrahams.

Bly geanker in goeie waardes. Onthou, Ad Altiora - altyd hoër.

Die Hoërskool Overberg streef na uitnemendheid en gebalanseerdheid en dit verseker gehalte-uitslae. Die skool bou steeds voort op die vorige drie jaar se 100%-slaagsyfer.

Die twee toppresteerders

Chanté de Bruyn. Gemiddelde persentasie: 86%.
Chanté de Bruyn. Gemiddelde persentasie: 86%.
Annelie van der Linde. Gemiddelde persentasie: 93,3%.
Annelie van der Linde. Gemiddelde persentasie: 93,3%.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA