Die Hoërskool Eldoraigne se matriekklas van 2024 het uitstekende prestasies behaal, met 'n 100%-slaagsyfer en 260 leerlinge wat universiteitsvrystelling behaal het.
Altesame 482 onderskeidings is verwerf, en daar was 'n 100%-slaagsyfer in 18 vakke.
Ashleigh Harvey, die skool se Dux-leerling wat 'n gemiddeld van 94,71% behaal het, sê: "As 'n mens nie gemotiveerd is nie, wees gedissiplineerd."
Eldoraigne eindig eerste in hulle distrik, sewende in Gauteng en het die derde hoogste universiteitstoelating in die provinsie. Baie geluk aan die matriekklas van 2024! Besoek gerus die skool se opedag op 21 Mei.










Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.





















