SPOG | Midstream College se matrieks van 2024 skitter

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Midstream College se matriekgroep van 2024 het uitsonderlik in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eindeksamen presteer. Nie net spog die 217 matrieks met 'n 100%-slaagsyfer nie, maar hulle het altesaam 728 vakonderskeidings behaal, wat neerkom op 3,4 per leerder. Daarbenewens het hulle 'n 99,1%-toelating tot Baccalaureus-graadstudies aan 'n universiteit behaal.

'n Verstommende 79 leerders het algehele gemiddeld van 80% behaal. Die klas van 2024 het die jaar op 'n hoë noot met 'n groepgemiddeld van 76,6% geëindig - voorwaar 'n uitsonderlike prestasie!

Aan individuele toppresteerders het dit ook nie ontbreek nie. Geen IEB-skool kan met meer leerlinge op die IEB se Toppresteerderslys spog as Midstream College nie - 'n volle 13!

Ruan van Tonder het met 11 onderskeidings geslaag, terwyl Cara-Renette Ponting met 'n gemiddeld van 97,6% spog.

Sewe Midstreamers het 10 onderskeidings elk behaal, vier het elk nege onderskeidings behaal, en 12 spog met 8 A's. 'n Verdere 16 kandidate het elk 7 onderskeidings ingeoes.

Dié skitterende uitslae sou nie moontlik gewees het sonder die toegewyde personeel, die hardwerkende leerlinge en die ondersteunende ouers nie.

"Ons wens al die Midstream-matrieks van 2024 die allerbeste vir die toekoms toe."

Die top-20 presteerders

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur dieadverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerdedienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA