Baie leerlinge begin hul hoërskoolloopbaan sonder om te weet watter loopbaan hulle ná skool wil volg.
Ongelukkig kan dit lei tot geweldige stres vir die leerlinge en hul ouers. As beplanning nie voortydig gedoen word nie, sal dit waarskynlik leerlinge se potensiële opsies in gedrang bring.
Dit is hoekom vroeë beroepsvoorligting noodsaaklik is vir leerlinge wat hoërskool toe gaan.
Beroepsvoorligting bepaal wat 'n leerling se passie is en watter doelwitte hulle wil bereik. Daarna word hul hoërskoolloopbaan aangepas om hulle toe te rus vir die toekoms, sê dr. Bronwyn Batchelor, hoof van die fakulteit handelsregte aan die Onafhanklike Instituut vir Opvoeding.
Indien daar nie bewustheid geskep word oor hul vermoëns, potensiële geleenthede en die strukturele uitdagings betreffende indiensneming nie, kan die uitdagings van die oorskakeling na hoëronderwys en die beroepswêreld skrikwekkend wees.
"Beroepsvoorligting stel leerlinge in staat om ten volle ingelig te wees oor hul keuses, en om strategiese besluite te neem wat tot meer geleenthede sal lei en hulle sal voorberei vir sukses deur hul akademiese reis en loopbaan," sê Batchelor.
"Terwyl baie ouers en voogde verkies om eers te wag voordat leerlinge besluite moet neem, is die werklikheid dat weens onvoldoende vroeë blootstelling aan relevante beroepsvoorligting leerlinge die risiko loop om swak of selfs verkeerde beroepskeuses te maak.
"Indien daar nie bewustheid geskep word oor hul vermoëns, potensiële geleenthede en die strukturele uitdagings betreffende indiensneming nie, kan die uitdagings van die oorskakeling na hoëronderwys en die beroepswêreld skrikwekkend wees."
Batchelor sê om 'n duidelike idee van leerlinge se algemene toekomstige rigting te kry, help hulle leerlinge om hul pad na 'n betekenisvolle loopbaan te vestig.
"Sodra jy weet watter kwalifikasies jy benodig om vir jou toekomstige beroepsrigting in aanmerking te kom, kan jy dan in daardie rigting werk om te verseker dat jy die regte vakke neem betreffende die toelatingsvereistes by hoëronderwysinstellings.
"As jy byvoorbeeld 'n prokureur of advokaat wil word, is dit belangrik om te weet dat die enigste kwalifikasie vir hierdie loopbaanrigting 'n LLB-graad is.
"Leerlinge wat nie voldoende ingelig is nie, kan dalk glo dat hulle hierdie spesifieke regsloopbaan kan volg met 'n ander graad, soos handelsreg of 'n BA-graad in regte."
Die inligting word dan gebruik om potensiële beroepsrigtings te identifiseer wat gepas is vir 'n spesifieke leerling. 'n Beroepsberader kan inligting verskaf oor verskeie beroepe, asook werkvereistes, groeipotensiaal en salarisverwagtinge.
'n Loopbaan is meer as net 'n werk; dit is 'n lewenslange strewe wat vervulling, doelgerigtheid en finansiële stabiliteit bied, voeg Batchelor by.
"Die deeglike oorweging van 'n keuse oor 'n loopbaan sal verseker dat leerlinge besluite neem op grond van hul lewensdoelwitte en aspirasies.
"Op hoërskool is leerlinge dikwels net bewus van die gewilde en algemene beroepskeuses of dié waarin hul sosiale kring belangstel, terwyl daar tans baie meer loopbaangeleenthede in die beroepswêreld is. Trouens, verskillende loopbaanrigtings neem net toe."
Beroepsvoorligting begin gewoonlik met 'n assessering van 'n leerling se vaardighede, belangstellings en sterk punte.
Die inligting word dan gebruik om potensiële beroepsrigtings te identifiseer wat gepas is vir 'n spesifieke leerling. 'n Beroepsberader kan inligting verskaf oor verskeie beroepe, asook werkvereistes, groeipotensiaal en salarisverwagtinge. Beraders kan leerlinge help om hul onderwys- en opleidingsopsies te verken en advies gee oor hoe om relevante werkservaring op te doen.
"Ons moedig leerlinge dus aan om so vroeg as moontlik in hul hoërskoolopleiding 'n afspraak te maak met 'n berader en dan die persoon gaan sien om te verseker dat hulle ten volle toegerus is om besluite te neem oor vakkeuses wat ooreenstem met die toelatingsvereistes vir tersiêre studie in hul gekose rigting."




















