As jy die ouer van 'n tiener is, weet jy heel waarskynlik nie soveel van hul aanlyn lewe as wat jy moet nie.
Die kinders leef in die digitale wêreld, hulle is gereeld teenwoordig in digitale omgewings en maak gebruik van digitale ruimtes waarvan die meeste ouers nie bewus is nie, en vir hulle moeilik is om te verstaan.
Dit help ook nie dat hierdie virtuele plekke waar tieners ontmoet en tyd spandeer voortdurend aan die verander is nie. Dit is amper onmoontlik vir ouers om by te bly.
Maar daar bestaan ook risiko's en gevare in hierdie digitale landskap.
"Sipping the tea" is tiener-straattaal vir die nuuskieriges om te loer en luister na die nuutste stories.
Rachelle Best, 'n toegewyde ouer van 'n tienerdogter en die uitvoerende hoof en stigter van FYI play it safe, 'n moniterings-app wat deur kunsmatige intelligensie (KI) aangedryf word, tree op as die gasheer van Sip the Tea, 'n podsending. In die eerste seisoen van agt episodes, gesels Rachelle met die aanbieder, Amy MacIver, oor ernstige temas wat 'n impak op tieners se aanlyn wêrelde maak, insluitende temas soos kuberboelies, vreemdelingegevaar, pornografie en die blootstelling aan verontrustende inhoud. Tieners se stemme, met digitale aanpassings om hul identiteit te beskerm, staan sentraal in die reeks, omdat hulle openlik oor hul eie ervarings vertel en insig bied in die lewens van hul broers, susters en vriende.
"Ouers wat luister mag verras wees deur die eerlikheid en opregtheid. Tieners het dikwels die reputasie om teruggetrokke te wees, of selfs geheimsinnig, as dit kom by gesprekke of konneksie met volwassenes.
"In sowel die Sip the Tea-onderhoude as my betrokkenheid met kinders in skole, het 'n duidelike waarheid na vore gekom - ons kinders smag na openhartige gesprekke oor die potensiële gevare en bedreigings van die digitale wêreld. Hulle is nie net nuuskierig nie; hulle word diep geraak deur die risiko's wat hulle aanlyn ervaar.

"Opvallend genoeg is baie van hierdie jong mense nie net op soek na beskerming nie; hulle streef daarna om ons, die volwassenes, te help om die werklike risiko's wat hulle moet trotseer te verstaan. Die meeste is dit eens dat daar beperkings en beheermaatreëls vir kinders se aanlyn aktiwiteite moet wees - hulle beveel dit selfs aan. Wat hulle egter nie wil hê nie, is om vir hul nuuskierigheid of foute veroordeel en gestraf te word. Hulle wil nie hê dat volwassenes oorreageer nie.
"Hulle wil nie hê dat die Wi-Fi afgeskakel word of dat hulle toestelle afgevat word nie. In plaas daarvan bied hulle ons 'n unieke geleentheid - 'n geleentheid vir ouers om hul aanlyn veiligheidsbenadering te herdefinieer. Dit is 'n uitnodiging om 'n begripvolle verhouding met hul tieners op te bou, gegrond op oop en eerlike kommunikasie," sê Rachelle.
Veilige aanlyn omgewing
Aan die een kant is daar ouers wat geneig is om te oorreageer en hul kinders se toestelle streng te monitor, terwyl daar diegene is wat hul koppe in die sand steek en glo dat die gevare nooit met hul kinders sal gebeur nie. "Ongelukkig is die ‘nie my kind'-sindroom algemeen in Suid-Afrika. Daar is ouers wat niks of min doen om 'n aanlyn ekosisteem van veiligheid vir die gesin te skep, en dan sê hulle lighartig dat hulle dit nie nodig het nie omdat hulle ‘hul kind vertrou'.
"Aanlyn veiligheid behoort egter nie aan die vertrouensverhouding met jou kind gekoppel te wees nie. Skadelike inhoud is oral, en jou kind hoef nie noodwendig daarna te soek om blootgestel te word nie."
Die aanlyn ekosisteem van veiligheid vir gesinne waaroor Best hier praat, is die gebruik van 'n verskeidenheid oplossings wat meer insluit as net die instelling van 'n tydsbeperking op selfoon-skermtyd en ouerbeheer om toegang tot onvanpaste webwerwe en programme te beperk.
Hoewel die beperkings 'n groot rol speel in die aanlyn ekosisteem van veiligheid, is hul doeltreffendheid beperk.
Die jongste oplossings soos FYI play it safe maak gebruik van KI om die inhoud van kinders se aanlyn aktiwiteite op veelvuldige toestelle in werklike tyd te monitor. Dit bied ouers aktiewe waarskuwings wanneer kinders aan aanlyn risiko's blootgestel word. Hierdie stelsel monitor die digitale inhoud waarmee die kind in aanraking kom, soos sosiale media, aanlyn speletjies en boodskap-apps.
Buiten om vir ouers bewus te maak van aanlyn risiko's, bied Sip the Tea 'n gebalanseerde siening van die lewens van jong digitale gebruikers.
"Daar is so baie voordele wat die aanlyn omgewing vir ons tieners bied. Dit is wonderlik om te hoor hoe hulle blywende vriendskappe sluit en aanvaarding en gerusstelling in die digitale wêreld vind.
"Daar is soveel om te leer, so baie geleenthede om jou passies te ontdek en te ontwikkel, en soveel maniere om te groei as 'n verantwoordelike digitale burger. Dit is noodsaaklik vir ouers om hulle te bemagtig en goed ingelig te wees.
"Ons moet streef om 'n beter begrip van ons tieners se digitale omgewings te hê, ons moet die risiko's en gevare duidelik sien, en ons moet proaktief optree om ons tieners te help om hulle veiliger te hou."
Jy kan die Sip the Tea-podsending op alle gewilde platforms vind, insluitend Apple, Spotify, Google en nog meer.
- Vir meer inligting, besoek www.fyiplayitsafe.com
Temas:
Dit is die temas vir die Sip the Tea-podsending:
- Episode 1: Tieners en tegnologie;
- Episode 2: Sosiale media en die apps wat hulle gebruik;
- Episode 3: Vreemdelinge-gevaar;
- Episode 4: Blootstelling aan pornografie;
- Episode 5: Pornografie- verslawing;
- Episode 6: Aanlyn speletjies;
- Episode 7: Kuberboelies; en
- Episode 8: Geweld, gruwel en ontstellende inhoud.




















