Historiese prestasie vir bergfietsspan

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Boishaai-bergfietsspan.
Die Boishaai-bergfietsspan.

In 'n historiese prestasie het die Hoër Jongenskool Paarl se bergfietsryspan onlangs die algehele titel op die nasionale kampioenskap by Wagpos gewen.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die SA Skole-fietsry-kampioenskap dat 'n seunskool hierdie prestasie behaal.

Die span, bestaande uit Thomas Dunkley, Ruan Portwig, Tiaan Maneveldt, Jaco van Zyl, Samuel Cleary, Matthew Hudson, Daniel Bristow, Jack Goosen, Lodewyk Uys, Henry Chamberlain, Yahyaa Martin en Tristan McGiven (tuisskolier), het op 20 September aan die kompetisie deelgeneem.

Die HJS-span het nie net die top-seunsafdeling gemaklik gewen nie, maar ook die algehele titel verower. Hierdie kategorie word bepaal deur 'n skool se vyf beste ryers, en die Paarlse seuns het hul mededingers ver oortref.

In die beste-skole-afdeling het Boishaai en Outeniqua Hoërskool gelykop op 910 punte geëindig. Uiteindelik is die wenner volgens die reëlboek bepaal.

Uit 'n totaal van 159 spanne van 126 skole, waaronder al nege provinsies en Namibië, het Boishaai 910 punte in die top-seunsafdeling behaal.

Dit is 'n indrukwekkende 230 punte meer as die tweede-plek-houer, Paul Roos Gimnasium.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) het 'n derde plek met 625 punte behaal.

Boishaai se tweede span het 'n uitstekende 15de plek uit 89 seunspanne behaal.

In die beste-skole-afdeling het Boishaai en Outeniqua Hoërskool gelykop op 910 punte geëindig. Uiteindelik is die wenner volgens die reëlboek bepaal.

Die matrieks in die span het 'n groot bydrae gelewer tot die span se sukses en sal beslis in 2025 gemis word.

Hierdie uitsonderlike prestasie is 'n groot eer vir die skool en die hele Paarl-gemeenskap.

Die span het nie net hul talent bewys nie, maar ook 'n voorbeeld gestel van harde werk, toewyding en spanwerk.

SPELETJIES VANDAG

CTA