MySkool

Hoe bonter jou kos, hoe gesonder!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(Illustrasies: TOQAN KI)

Teen die einde van die jaar raak ouers (en leerders!) se inspirasie vir skoolkos al hoe minder – elke dag voel soos ’n stryd teen vervelige toebroodjies en op-die-nippertjie-pakwerk. Hier is prettige, maklike en voedsame idees om die kosblik weer interessant te maak – en jou brein en liggaam gesond te hou tot by die laaste eksamen.

’n Gesonde kosblik hoef glad nie vervelig te wees nie! Met bietjie beplanning kan jy vir jou kind heerlike happies pak wat sy of haar liggaam voed, die brein wakker hou en hulle deur die skooldag dra.

Kos wat slim maak

Wat jy eet, beïnvloed jou brein se energie en konsentrasie. Kosse met proteïen, vesel en gesonde vette hou jou kind langer versadig en help hom of haar om beter te fokus.

Slim keuses:

Hoender- of tuna-wraps met groente en jogurt-sous: Hoë proteïen en omega-3 vir konsentrasie en breingesondheid.

Mini-volgraanbeskuitjies met kaas en tamatie: Kalsium en volgrane gee energie en versterk bene en spiere.

Hardgekookte eiers of hummus met groentestokkies: Goeie bron van yster en vitamien B wat help teen moegheid.

Kleurvolle happies vir goeie gesondheid: Verskillende kleure beteken verskillende voedingstowwe! Probeer om elke dag iets rooi, geel, groen en oranje in te pak.

Hier is ’n paar idees:

Vrugtesosatiestokkies met druiwe, aarbeie en piesang – dis gelaai met antioksidante wat jou immuunstelsel versterk.

Komkommer, wortel en seldery met hummus – lae vet, ryk aan vesel en minerale.

Jogurt met bietjie heuning en neute – probiotika vir gesonde spysvertering en energie.Drink slim

Water is altyd die beste keuse.

As jy iets anders wil hê, probeer:

Rooibostee met ys en bessies (ryk aan antioksidante);

Smoothie met piesang, jogurt en bietjie heuning (energie en vesel).

Klein veranderinge, groot verskil

Pak die aand voor die tyd jou kind se kosblik – dit voorkom haastige, ongewenste keuses.

Gebruik herbruikbare houertjies vir vrugte of neute.

Beperk suiker en sout – dit laat kinders moeg en honger voel.

Voeg ’n klein bederfie by – donkersjokolade of rosyne gee ’n glimlag én energie.

As jou kind se kosblik kleurvol lyk, eet hy of sy outomaties gesonder, meen voedingskonsultante.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM