Toets

gggg

Met eindeksamens om die draai (en die matrieks reeds aan die gang) bestee duisende Suid-Afrikaanse leerlinge lang ure voor hul boeke – dikwels met min slaap, baie stres en ’n oorvloed kafeïen.

Maar kenners waarsku dat iets so eenvoudig soos ’n vitamien B12-tekort jou konsentrasie, geheue en energievlakke kan kelder – selfs al eet jy “redelik gesond”.

Volgens die voedingskonsultant en welstandskenner Vanessa Ascencao is goeie voeding die brandstof wat jou brein nodig het om optimaal te presteer.

“Baie leerlinge probeer deurdruk met energiedrankies of koffie, maar sonder genoeg vitamien B12 kan jou brein eenvoudig nie byhou nie,” sê sy. “Vitamien B12 ondersteun energie, geheue en fokus – en selfs ’n klein tekort kan ’n verskil maak.”

Waarom vitamien B12 belangrik is

Vitamien B12 help om rooibloedselle te vorm, energie te vervaardig en die senuweestelsel gesond te hou.

’n Tekort kan lei tot moegheid, vergeetagtigheid, swak konsentrasie en selfs buierigheid – simptome wat maklik as “eksamenuitputting” afgemaak word.

Voedselbronne wat ryk aan B12 is sluit in:

Maer vleis soos hoender en beesvleis;

Eiers en suiwelprodukte; en

Vet vis soos tuna en salm.

Vir vegetariërs, veganiste of leerlinge met swak opname, kan aanvullings soos ’n mondspuit met hoë opname help om vlakke vinnig aan te vul.

Wenke vir meer energie en fokus

Ascencao beveel aan dat leerlinge:

Gebalanseerde maaltye eet met proteïene, volgrane en groente vir volhoubare energie;

Genoeg water drink en slaap prioriteit gee;

Gereeld beweeg of strek tussen studiesessies; en

Kafeïen, suiker en verwerkte kos beperk, want dit kan jou energievlakke laat wipplank ry.

Bly kalm, bly gefokus

Eksamentyd is nie net ’n breintoets nie – dis daarby ook ’n emosionele uitdaging.

Ascencao sê natuurlike hulpmiddels soos Rescue Remedy kan help om senuwees te kalmeer en balans te herstel.

“Wanneer jy voeding, rus en emosionele welstand saam bestuur, presteer jy beter – nie net in jou punte nie, maar ook in hoe jy voel,” sê sy.

Onthou: Om vir die eksamen te leer, beteken nie jy hoef uitgeput of angstig te wees nie.

Gee jou brein die regte brandstof – en jy gee jouself die beste kans om te skitter!