Die 2025-skooljaar het aangebreek en e-Beeldskool is slaggereed om leerlinge 'n ekstra hupstoot te gee om op akademiese vlak te presteer.
Volgens Elize Engelbrecht, hoof van e-Beeldskool, kan leerlinge reeds registreer vir aanlyn klasse wat op 10 Februarie begin.
Gr. 11's en gr. 12's kan registreer vir weeklikse klasse in wiskunde en fisiese wetenskappe en gr. 10's vir wiskunde.
Die onderrigtyd van hierdie weeklikse klasse is twee uur per sessie en die klasse duur tot op 1 September.
Boonop word aantekeninge en skakels na video-opnames van elke klas met elke leerling gedeel sodat hulle dit weer kan kyk, sou hulle wou.
"Daar is ouers wat sê hul kinders se punte het met meer as 20% in wiskunde gestyg met verlede jaar se klasse," sê Engelbrecht.
"e-Beeldskool is die skool vir leerlinge wat graag hul kennis wil verryk en hul prestasies wil verbeter.
"Dit is dan ook ons doelwit om leerlinge te help om optimaal te presteer.
"Leerlinge vind werklik baie baat by die klasse. Die deurlopende e-posse en dankie-boodskappe wat ons kry, getuig daarvan."
Boonop bied e-Beeldskool vanjaar weer vakansieskole, eksamenafronding en verrykende kursusse aan.
Vir meer inligting oor alles wat e-Beeldskool bied, besoek www.ebeeldskool.co.za.
Navrae kan gerig word aan skool@ebeeldskool.co.za of 083 380 1800.
"Ons klasse is interaktief en leerlinge kan vrae stel.
"Ons gee onderrig vanuit 'n ander perspektief en leerlinge kan inskakel waar hulle ook al is en hul werk nou al regkry en nie later nie," sê Engelbrecht.



















