Gene Louw derde in die Wes-Kaap

Die Laerskool Gene Louw se o.12A-netbalspan het op 17 Mei aan die Westelike Provinsie se liga-eindronde by die Hoërskool Tygerberg deelgeneem en brons medaljes verower. Intussen het die span ook derde geëindig by die Wes-Kaap Skolenetbalkampioenskap wat op 25 Mei by die Hoërskool Parel Vallei plaasgevind het, en sodoende hul plek onder die topdrie in die provinsie verseker. Voor van links is Bea Ross, Marlie Terblanche, Liza Wessels. Agter is Marinda Strydom (afrigter), Juné Dippenaar, Megan Senekal, Hannah Coetzee, Grace Coulson, Kiara Ismaiel, Lente Badenhorst en Suzanne Louw (afrigter).
Foto: TANYA BANDENHORST
Gekies vir Cravenweek

Aaron Knoetze van die Laerskool Durbanville is gekies vir die o.13 WP-Cravenweekspan wat van 16 tot 21 Junie by die Hoërskool Menlopark plaasvind.
Durbies-netbal wen

Die Laerskool Durbanville se o.13A-netbalspan het op 17 Mei as die WP-wenners by die Cape Town Primary Schools' Netball-kampioenskap se eindronde weggestap. Agter van links is Nika Barnard, Helani Jansen van Vuuren, Charné Fourie, Jana Mostert en Carlien du Plessis. Voor is Liebe Engelbrecht (onderkaptein), Delani van der Westhuizen (afrigter) Linné Retief (kaptein), Christelle Vancoillie (afrigter) en Nika Böhmer.
Netbalspelers sal in Riversdal meeding

Vyf netbalspelers van die Laerskool Durbanville is gekies om die skool by die gesogte Wes-Kaap skolenetbal-interdistriktoernooi vanaf 3 tot 6Julie in Riversdal te verteenwoordig. Agter is Lienka de Jager en Kaylee van der Wal (o.11) en voor van links is Linné Retief, Helani Jansen van Vuuren en Jana Mostert (o.13).




















