Temperance Town-netbalspanne die beste in hul distrik

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die o. 12-span is (agter van links) Lillian Loxton, Liané Esau, Skyler Frieslaar, Chenell Morris, Shirlon September en Inako Jonasi. Voor is Gercha Jack.Foto’s: VERSKAF
Die o. 12-span is (agter van links) Lillian Loxton, Liané Esau, Skyler Frieslaar, Chenell Morris, Shirlon September en Inako Jonasi. Voor is Gercha Jack.Foto’s: VERSKAF

Temperance Town Primêre Skool in Gordonsbaai se o. 12- en o. 13-netbalspanne het verlede week aan die metro-oos-distrik- uitdunne deelgeneem en al hul wedstryde gewen.

Hulle het teen Dr. G.J. Joubert Primêre Skool, Marvin Park Primêre Skool en Laerskool Simonsberg gespeel. Hulle is afsonderlik nou amptelik gekroon as die beste span in hulle liga vir die hele metro-oos-distrik.

Hierdie spanne het Vrydag die finale netbalwedstryde by die Cape Town Primary Schools' kampioenskappe gespeel waar hulle die vierde plek in die Kaap in hul liga behaal het.

Die o. 13-span is (agter van links) Beautricia Herandien, Chloe Soetzenberg, Kieflin September, Anushka Booysen en Jamie lee Charles. Voor is Jenica Jantjies en Bronwinn November.
Die o. 13-span is (agter van links) Beautricia Herandien, Chloe Soetzenberg, Kieflin September, Anushka Booysen en Jamie lee Charles. Voor is Jenica Jantjies en Bronwinn November.

SPELETJIES VANDAG

CTA