Francois Williams

Francois Williams

Spesialisskrywer

Francois Williams is ’n spesialisjoernalis by Landbouweekblad. Hy was voorheen jare lank finansiële verslaggewer by Die Burger en Netwerk24, waar hy onder meer oor energie en vervoer geskryf het. Sy landbou-agtergrond kom uit sy grootwordjare in die Oos-Kaap, waar sy pa ’n groenteboer in die Onder-Gamtoosvallei was. Francois het ’n BA-graad met ontwikkelingsadministrasie en Xhosa as hoofvakke, en twee honneursgrade – een in Afrikatale en die ander in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Francois is vroeër vanjaar as beste finansiële joernalis by Media24 se Uitnemendheidstoekennings vereer. In 2024 het hy Hortgro se Izethelo-mediatoekenning ontvang vir sy beriggewing oor logistieke probleme in hawens wat die vrugtebedryf raak. Hy het ook pryse van Vodacom, Sanlam en Siemens ontvang vir beriggewing oor volhoubaarheid, die groen ekonomie en energie.