OORSIG | Kaapstad-marathon: Glenrose laat Gerda se SA rekord in die slag bly

Die mans- en vrouewenner van verlede jaar, die Ethiopiërs Adane Kebede Gebre en Tsige Haileslase Abreha, is onderskeidelik terug in Kaapstad om hul titels te verdedig. Wie gaan Sondag as die wenners van die Kaapstad-marathon gekroon word?

2024-10-20 09:12:14

Glenrose Xaba oortref die Suid-Afrikaanse marathonrekord vir haar sege in die Kaapstad-marathon se vroueresies.

Haar tyd was 2:22:22.

Foto: Jaco Marais

2024-10-20 08:57:24

Mans:1. Abdisa Tola (2:08:16); 2. Adane Kebede Gebre (2:08:32 | +16); 3. Mitku Tafa Dekeba (2:10:10 | +1:54); 4. Edward Konana Koonyo (2:11:24 | +3:08); 5. Melikhaya Thomas Frans (2:12:18 | +4:02).

Vroue: 1. Glenrose Xaba (2:22:22); 2. Mare Dibaba Hurssa (2:22:36 | +15); 3. Pascalia Chepkogei (2:22:49 | +28); 4. Viola Chepngeno (2:23:23 | +1:02); 5. Emmah Cheruto Ndiwa (2:25:14 | +2:53).

2024-10-20 08:40:14

Glenrose Xaba wen die marathon in 2:22:22. En sy verbeter Goue Gerda se SA rekord van 2:24:03. Sy verbeter ook die Kaapstad-roeterekord. Mare Dibaba Hurssa (Ethiopië) en Pascalia Chepkogei (Kenia) eindig tweede en derde. 2024 is voorwaar Xaba se skitter jaar!

2024-10-20 08:32:35

Alle oë is nou op die vroue gerig om te sien of Glenrose Xaba 'n oorwinning kan behaal. Sy, Pascalia Chepkogei (Kenia) en Mare Dibaba Hurssa (Ethiopië) hardloop saam.

2024-10-20 08:25:55

Die Ethiopiër Abdisa Tola Adera wen in 'n nuwe roeterekord van 2:08:16. Adane Kebede Gebre eindig tweede en Mitku Tafa Dekeba derde. Drie Ethiopiërs maak skoonskip in die Moederstad.

2024-10-20 08:05:43

Die voorste twee mansatlete is in 'n titaniese stryd betrokke, hulle is op pad na Groenpunt.

Abdisa Tola Adera is net voor sy Ethiopiese landgenoot Adane KebedeGebre. 2:07-wentyd word voorspel.

2024-10-20 07:49:58Sho Watanabe van Japan klop die Nederlander Geert Schipper, die verdedigende kampioen, in die rolstoelafdeling. Nie-amptelike tyd is 1:37:33.2024-10-20 07:44:58Die voorste mans- en vroueatlete hardloop teen 'n vinnige pas. Glenrose Xaba se pas is nou sterk op pad na Gerda Steyn se SA rekord van 2:24:03.2024-10-20 07:35:54

In die rolstoelafdeling is daar steeds geen keer aan die tweestryd tussen Geert Schipper (Nederland) en Sho Watanabe (Japan) nie. Die twee is reeds verby die 35 km-merk, sterk op pad eindstreep toe teen 'n pas van ongeveer 2:20min/km.

2024-10-20 07:33:08Melikhaya Frans tel die pas op en neem leiding. Dennis Kimetto val gevolglik terug en is nou agter in die pak wat vir Frans probeer inkatrol.2024-10-20 07:31:17Dennis Kimetto, die voormalige wêreldrekordhouer, lei nou 'n groep van 11 mans wat weggebreek het. Ook onder dié atlete is Suid-Afrika se Melikhaya Frans.2024-10-20 07:29:29Glenrose Xaba, wat haar buiging in die marathon maak, stoom voort en teen die halfpadmerk is sy net buite rekord-pas.

2024-10-20 07:27:36Mokoka was eerste deur die halfpadmerk, maar het kort daarna gestop. Nou het die buitelanders beheer van die manswedloop geneem.

2024-10-20 07:23:39Stephen Mokoka se aanslag het tot 'n einde gekom rondom die halfpadmerk. Sy tenk het leeggeloop. 2024-10-20 07:21:09

Massas deelnemers wys Sondagoggend hul slag in die Kaapstad-marathon.

Foto: Jaco Marais

2024-10-20 07:12:24Vroue se voorlopers ná 15 km.

2024-10-20 07:06:33Mans voorlopers ná 15 km.

2024-10-20 07:00:31Stephen Mokoka lei die mans in Nuweland. Die bondel is steeds redelik groot met niemand wat sover weggebreek het nie.2024-10-20 06:56:04

Atlete beweeg deur die wegspringpunt.

Foto: Jaco Marais

2024-10-20 06:54:41Die debutant Glenrose Xaba beweeg tot voor in die pak voorlopers in die vroue-afdeling. Kort op haar hakke is die Ethiopiër Mare Dibaba, wat 'n derde plek op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in 2016 behaal het.2024-10-20 06:49:11

’n Hewige stryd woed tussen Sho Watanabe (Japan) en GeertSchipper (Nederland) in die rolstoelresies.

Nadat Schipper die voorlooper was, word hy deur Watanabe verbygesteek.Die Japannees bewerkstellig ’n gaping van sowat 50 m, maarword weer ingekatrol, voordat Schipper weer die voortou neem.

2024-10-20 06:43:01

Het jy al ooit gewonder hoeveel koeldrank of waterbeskikbaar gestel word tydens só 'n marathon-naweek? Hier is jou antwoord,sowel as ’n paar ander interessante feite:

50 000 liter Coke-produkte;

20 000 liter Powerade;

135 000 liter water;

750 personeellede by waterpunte;

6 ton ys om atlete langs die roete af te koel;

528 piesangs;

340 kg vrugtelekkers;

2 560 marmite toebroodjies;

300 kg aartappels;

1 500 brownies;

1 900 muffins;

8 000 sjokoladestafies.

2024-10-20 06:37:29Vroue-voorlopers ná 5 km.

2024-10-20 06:36:03Mans-voorlopers ná 5 km.

2024-10-20 06:33:09In die vroue-resies lyk die Ethiopiër Tsige Haileslase gemaklik in die bondel voorlopers, net agter die pasaangeërs.2024-10-20 06:31:59

Soos verwag is dit die Nederlander Geert Shipper wat voreg die voortou neem in die rolstoelafdeling. Hy steek die 5 km-merk verby in 12:43, maar 'n kortkop agter hom is Japan se Sho Watanabe in 12:44. Dié twee het vroeg 'n redelike gaping bewerkstellig.

2024-10-20 06:28:23Stephen Mokoka lei die vroeë voorloperpak op die verhewe hoofweg onder weg na die N4.2024-10-20 06:23:44

Daar is 13,5 km seheining op die roete opgerig.

Hier is 'n paar ander interessante syfers:

5 025verkeerskegels;

279veiligheidsbeamptes is op die roete;

572 beamptes isop die roete;

205 toilette isop die roete;

152 tekens om tewys die pad is gesluit;

143 tekens wat sêdaar is beperkte parkering;

200 voertuie op die roete.

2024-10-20 06:18:07Die elite mans en vroue spring weg!2024-10-20 06:16:15

Buiten Geert Schipper, tel verskeie ander haastige deelnemers onder die rolstoelatlete.

Sho Watanabe (Japan) het in 2017 die Tokio-marathon gewen en was derde in 2023 en 2024.

Verder sal Rafael Botello Jimenez (Spanje), Michael McCabe (Brittanje) en Patrick Monahan (Ierland) ook sake uitspook.

2024-10-20 06:12:14En die eerste skoot klap! Die rolstoelatlete trek weg en die Nederlander Geert Schipper sal sy kroon probeer verdedig. 2024-10-20 06:08:06

Die marathon begin Sondag om 06:00 in Fritz Sonnenbergweg langs die DHL-stadion, en die eindpunt is in dieselfde gebied in Vleiweg, Kaapstad.

Vervolgens sal daar tot Sondag 14:00 beperkings wees oor waar voertuie in die middestad mag parkeer.

LEES OOK | G’n voertuie toegelaat wanneer atlete Kaapstad-marathon aandurf2024-10-20 05:57:59

Goeiemôre en welkom by ons dekking van die 2024 Kaapstad-marathon.

Daar is min tekens van wolke, maar tog ’n sterk briesie in die Moederstad so voor die wegspring van dié veeleisende wedloop oor 42.2 km.

Suid-Afrika se Stephen Mokoka, wat in 2018, 2021 en 2022 gewen het, se rekord in die mansafdeling lees steeds 2:08:31. Gaan dit vandag bedreig word?

Verlede jaar se kampioen, Adane Kebede Gebre (Ethiopië) is terug om sy kroon te verdedig, terwyl Mokoka self ook sal aantree.

Net so is Gebre se landgenoot en 2023 wenner van die vroue-resies, Tsige Haileslase, ook op haar pos. Die laaste keer wat ’n Suid-Afrikaner die vroueresies in ’n volwaardige Kaapstad-marathon (2020 se virtuele wedloop uitgelaat) kon seëvier, was in 2010 toe Nomvuyisi Seti die boonste trap van die podium bestyg het.

Die rolstoelatlete sal eerste wegspring om 06:10, gevolg deur die elite mans en vroue om 06:15.

Vir die res van die deelnemers is die finale afsnypunt om 13:37.

Annchen Nel en Wim Pretorius

SPELETJIES VANDAG

CTA