Xaba bly op die wenpad

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Nog 'n wedloop, nog 'n oorwinning vir Glenrose Xaba.

Sy het Sondagoggend die eerste Boxer-wedloop oor 5 km, wat op die sportterrein van die Universiteit van Pretoria gehou is, in 15 minute en 42 sekondes gewen.

Glenrose Xaba wen Sondagoggend die vrouewedloop in die eerste Boxer-wedloop oor 5 km.  Foto: Tobias Ginsberg
Glenrose Xaba wen Sondagoggend die vrouewedloop in die eerste Boxer-wedloop oor 5 km. Foto: Tobias Ginsberg
Luan Munnik Sondagoggend op pad om die eerste Boxer-wedloop oor 5 km in Pretoria te wen. Agter hom kom die Olimpiese marathonatleet Elroy Gelant aan wat tweede was.  Foto: Tobias Ginsberg
Luan Munnik Sondagoggend op pad om die eerste Boxer-wedloop oor 5 km in Pretoria te wen. Agter hom kom die Olimpiese marathonatleet Elroy Gelant aan wat tweede was. Foto: Tobias Ginsberg

Die nuwe Suid-Afrikaanse marathonrekordhouer vir vroue het 35 sekondes voor haar naaste teenstander, Karabo More, oor die eindstreep gehardloop.

Caster Semenya, voormalige Olimpiese kampioen in die 800 m vir vroue, wat een van Xaba se mentors is, was sewende in 17:58.

Die 29-jarige Xaba, wat die Kaapstad-marathon onlangs in 'n nuwe SA rekordtyd van 2:22:22 gewen het, het ná die wedloop gesê sy kon die invloed van dié marathon oor die laaste 2 km voel.

In die manswedloop het Luan Munnik, wat onlangs die Thembisa-mylwedloop aan die Gautengse Oos-Rand gewen het, in 13:50 eerste oor die eindstreep gehardloop.

Die Potchefstromer Elroy Gelant, wat in Augustus 11de in die Olimpiese marathon in Parys, Frankryk, was, was tweede in 13:58. - Sportredaksie

• Uitslae:

Mans: 1. Luan Munnik 13:50; 2. Elroy Gelant 13:58; 3. Chris Mhlanga 14:13; 4. Keanu Domingo 14:20; 5. Gladwin Mzazi 14:32; 6. Abednico Choba 14:40; 7. Tshegofatso Pilane 14:48; 8. Sanele Zixunge 14:51; 9. Kabelo Mulaudzi 14:56; 10. Ian Slinger 15:04.

Vroue: 1. Glenrose Xaba 15:42; 2. Karabo More 16:17; 3. Cacisile Sosibo 16:32; 4. Karabo Mailula 16:39; 5. Millicent Nyaberi 16:46; 6. Danielle Verster 17:34; 7. Caster Semenya 17:58; 8. Lebo Phalula 18:04; 9. Janie Janse van Rensburg 18:11; 10. Carina Swiegers 18:19.

SPELETJIES VANDAG

CTA