Die Suid-Afrikaner Dean Burmester het Saterdag by Valderrama in Spanje sy voorsprong in die LIV-gholfreeks se Andalusiese toernooi prysgegee toe hy 75 houe in die tweede ronde aangeteken het.
Anirban Lahiri van Indië is met vier houe die nuwe voorloper op 135 (-7).
Hy word gevolg deur die Nieu-Seelander Danny Lee (139, -3) met Martin Kaymer (Duitsland), Eugenio Lopez-Chacarra (Spanje) en Tyrrell Hatton (Engeland) saam derde op 140 (-2).
Burmester en Louis Oosthuizen (albei 141, -1) is saam sesde met Charl Schwartzel (+3) en Branden Grace (+8) verder terug.
Die Suid-Afrikaners se Stinger-span, wat ná die eerste ronde voor was, het tot derde teruggesak. Die Crushers is nou voor (-7) gevolg deur die Fireballs (-3) en Stinger (-2). - LIVgolf




















