Hoewel Suid-Afrika se John-Laffnie de Jager nie vanjaar weer die seëvierende Eagles gaan bystaan nie, het hy wel weer vir Daniil Medvedev en Andrey Rublev in sy Falcon-span vir vandeesmaand se Wêreld-tennisliga in Abu Dhabi.
Dié gemengde spantoernooi, wat elemente van LIV-gholf en Indiese Premierliga-krieket bevat, word van 19 tot 22 Desember daar gehou.
Die Eagles, met Medvedev, Rublev, Mirra Andreeva en Sofia Kenin in hul geledere, was verlede jaar die wenspan.
Medvedev en Rublev het De Jager nou na die Falcons gevolg. Dié span se twee vrouespanlede is Elena Rybakina van Kasakstan en Frankryk se Caroline Garcia.
Die Eagles bestaan vanjaar uit Iga Swiatek, Barbora Krejcíková, Hubert Hurkacz en Casper Ruud.
Die Falcons speel in die toernooi se eerste wedstryd teen die Hawks. Die Hawks het Aryna Sabalenka, Andreeva, Taylor Fritz en Sumit Nagal in hul geledere.
Die Kites gaan Jasmine Paolini, Paula Badosa, Stefanos Tsitsipas en Nick Kyrgios inspan.
Soos verlede jaar is daar ná die dag se tennis 'n musiekkonsert. Bryan Adams, ?Anastacia, ?Akon en ?Sean Paul is vanjaar se kunstenaars. - Johann de Jager



















