Proteas

SA het 429/5 met middagete

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ryan Rickelton vier sy dubbele honderdtal Saterdag op Nuweland. Foto: Gallo Images
Ryan Rickelton vier sy dubbele honderdtal Saterdag op Nuweland. Foto: Gallo Images

Ryan Rickelton kan voortaan Ryan Dubbleton genoem word.

Die nuwe aanvangskolwer van die Proteas het sy eerste dubbele honderdtal Saterdag op die tweede dag van die tweede toets teen Pakistan op Nuweland aangeteken.

Suid-Afrika het met Rickelton (213*, 295 balle, 25x4, 1x6) steeds voor die paaltjies middagete tot by 429/5 gevorder in sy eerste beurt.

Die Proteas het die tweede dag op 316/4 voortgesit met Rickelton op 176 en David Bedingham op 4.

Bedingham (5) is in die vierde beurt van dag met die nuwe bal van die boulwerk van Mohammad Abbas (2/70) deur Mohammad Rizwan gevang. Dit was die paaltjiewagter se vyfde agtereenvolgende vangskoot in die kolfbeurt.

Rickelton het in die 13de beurt van die dag met 'n enkellopie van die boulwerk van Mir Hamza sy dubbele honderdtal behaal. Hy het 266 balle daarvoor trotseer.

Die vorige dubbele honderdtal deur 'n Suid-Afrikaner was Hashim Amla se 201 in 2016 op die einste Nuweland teen Engeland.

Kyle Verreynne (74*) kon ook voor middagete sy vyftigtal kry. Die paaltjiewagter en Rickelton het reeds 106 om die sesde paaltjie aangeteken.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM