Krieket

Stead bedank as Kiwi’s se toetsafrigter

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Gary Stead sal einde vandeesmaand sy pos as afrigter van die Swartpette verlaat, het die Nieu-Seelandse krieketunie Woensdag gesê.

Dit bring 'n suksesvolle sewe jaar aan die stuur tot 'n einde, wat die Kiwi's se titel in 2021 in die eerste Wêreldtoetskampioenskap ingesluit het.

Die 53-jarige het reeds in April as die land se witbal-afrigter bedank en gesê hy wil minder tyd weg van die huis deurbring.

Nieu-Seeland Krieket wou egter een breier in al die formate hê.

Stead sê die triomf in die Wêreldtoetskampioenskap en verlede jaar se skoonskip-sege oor Indië op die subkontinent was hoogtepunte in sy termyn.

Nieu-Seeland was ook in 2019 die naaswenner in die Wêreldbeker-toernooi oor 50 boulbeurte, die naaswenner in 2021 se T20-Wêreldbeker (WB)-toernooi, asook die Kampioenetrofee daardie jaar.

In Stead se tyd aan die stuur was die Swartpette bo-aan die ranglys van toets- en eendaagse krieket en hulle het die halfeindronde van twee ander WB-toernooie in witbalkrieket gehaal.

Daar is vroeër bespiegel dat die Suid-Afrikaner Rob Walter as die Kiwi's se nuwe witbal-afrigter aangestel kan word.

Walter het in April as die Proteas se witbal-afrigter bedank. - Reuters

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM