Dolphins dring deur tot eindstryd

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jon-Jon Smuts Foto: Gallo Images
Jon-Jon Smuts Foto: Gallo Images

'n Skitterende boulvertoning het die Dolphins Woensdagaand gehelp om tot die eindstryd van KSA se T20-uitdaagreeks deur te dring.

Die Dolphins het die Rocks met 20 lopies in die halfeind in Potchefstroom geklop.

Die Dolphins pak die Titans Saterdag in die eindstryd.

Die Rocks is gevra om 147 vir die sege te kry, maar is beperk tot 126/8.

Jon-Jon Smuts (2/17) en Prenelan Subrayen (3/18) het goed geboul.

Die Dolphins het goed begin en 50/1 ná 6 beurte aangeteken. Grant Roelofsen (26) en Keegan Petersen (25) het vroeg stem dik gemaak.

Die Rocks se boulers het toe teruggeslaan en die Durbaniete het spoed verloor en 73/3 ná 10 beurte bereik.

Die blits Bamanye Xenxe (4/34) het 2/11 in sy eerste twee beurte geneem.

Die Bolanders het hul houvas op die kolflys gehou met Shaun von Berg (3/22) wat ook goed geboul het.

TELKAART

SPELETJIES VANDAG

CTA