Noordwes se Dragons dring net-net deur

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Senuran Muthusamy se kapteinsbeurt het die Dragons Sondag gehelp om die Storm met een lopie te klop. Foto: Gallo Images
Senuran Muthusamy se kapteinsbeurt het die Dragons Sondag gehelp om die Storm met een lopie te klop. Foto: Gallo Images

Dit was so hittete, maar Noordwes se Dragons het Sondag deurgedring tot die kwarteindronde van die provinsiale T20-uitklopreeks.

Die Dragons het Oostelikes se Storm met 'n enkele lopie geklop om tweede te eindig in Groep D. Die Dragons pak nou die Rocks (Boland) in die kwarteindronde.

Die Storm het egter so amper 'n haas uit die hoed gepluk en die wedstryd in die doodsnikke gesteel. Die manne van Benoni moes 159 vir die oorwinning aanteken en moes 18 lopies van die boulbeurt deur Chad Claasen aanteken.

Clayton August en Tumelo Thokwe het dit toe amper reggekry en 16 lopies aangeteken.

Jurie Snyman en Matthew Arnold het albei 33 aangeteken om Easterns naby die teiken te kry.

Duan Jansen (3/27) was die Dragons se beste bouler.

Die Dragons het vroeër hul beurt op twee uitstekende vertonings gebou. Wesley Marshall (73 van 47 balle; 6x4, 3x6) het 'n uitstekende fondament gelê, maar die beurt het stoom verloor nadat hy sy paaltjie verloor het. Die kaptein, Senuran Muthusamy (62*van 36 b; 7x4, 1x6), het egter teen die einde van die beurt ingeklim.

Snyman (3/16) was die Storm se beste bouler.

Die eerste kwarteindstryd begin op 19 Oktober.

Altus Momberg

SPELETJIES VANDAG

CTA