T20

WP begin nuwe era met sege oor Lions

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die WP se Zubair Hamza behaal sy eerste T20-honderdtal teen die Lions in Kimberley. Foto: Gallo Images
Die WP se Zubair Hamza behaal sy eerste T20-honderdtal teen die Lions in Kimberley. Foto: Gallo Images

Die ervaring van die twee voormalige Protea-swaaiboulers, Wayne Parnell en Beuran Hendricks, het die Westelike Provinsie Vrydag in Kimberley tot 'n sege gehelp in sy eerste wedstryd van die nuwe krieketseisoen.

Die Kapenaars het die Lions in 'n naelbytstryd met twee lopies in die KSA T20-uitdaagreeks geklop. Die Lions is tot 195/6 beperk in antwoord op die WP se 197/7.

Die wedstryd was ook die begin van die nuwe plaaslike era waar 16 spanne eerder as die ses franchises kragte meet.

Parnell (0/29) en veral Hendricks (1/35) het die WP gehelp om 'n indrukwekkende teiken van 197 lopies te verdedig op 'n kolfblad waar daar nie veel hulp vir die boulers was nie.

Ryan Rickelton se 53 (31 balle; 3x4, 4x6) het die Lions se beurt goeie momentum aan die begin gegee, maar WP het gereeld paaltjies geneem om die momentum te hou.

Die Lions het hul kanse aan die lewe gehou en moes 12 lopies van die laaste boulbeurt aanteken. Parnell die laaste beurt geboul en het net nege lopies afgestaan.

Die WP se held was sy voormalige kaptein Zubayr Hamza.

Hy het die eerste honderdtal (106 van 63 b, 10x4, 4x6) van sy T20-loopbaan aangeteken.

Hy lyk na 'n heel ander speler as die man wat verlede seisoen gelyk het asof hy die wêreld se bekommernisse op sy skouers gedra het.

Met Parnell wat vanjaar die leisels het, kan Hamza op sy kolfwerk konsentreer.

Malusi Siboto (4/30) was die Lions se beste bouler.

"Ek is in my noppies met die manier wat al die boulers kopgehou het," het Parnell aan SuperSport gesê.

• TELKAART

Altus Momberg

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM