Diewe slaan op Olimpiese atletedorp toe

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die atletedorp is spesiaal vir die Spele ingerig.  Foto: Getty Images
Die atletedorp is spesiaal vir die Spele ingerig. Foto: Getty Images

Die organiseerders van die Olimpiese Spele sê verskeie sportlui was slagoffers van diefstal by die Paryse atletedorp en die voorvalle is by die polisie aangemeld.

Die Kyodo-nuusagentskap het Maandag berig dat 'n Japannese rugbysewesspeler se trouring, 'n kettinkie en kontant uit sy kamer in die atletedorp gesteel is, wat noord van Sentraal-Parys geleë is.

Javier Mascherano, hoofafrigter van die Argentynse Olimpiese sokkerspan, het verlede week aangemeld dat sommige van sy spelers voor hul eerste wedstryd verlede Woensdag beroof is.

"Die voorvalle is by die polisie aangemeld," sê Anne Descamps, woordvoerder vir die reëlingskomitee.

"Ons ondersteun die sportlui en afvaardigings wat deur diefstal geraak is. Die atletedorp is 'n hoogs beveiligde gebied. Daar is meer as 180 veiligheidskameras en ons is baie toegewyd om die dorp 'n veilige plek vir die deelnemers te maak."

Die organiseerders kon nie dadelik sê hoeveel veiligheidsbeamptes in die Olimpiese dorp ontplooi is nie, wat na verwagting sowat 14 000 atlete in 52 ha huisves.

'n Polisiekantoor is naby geleë, maar geen wetstoepassingsbeamptes is fisiek in die dorp teenwoordig nie. - Reuters

SPELETJIES VANDAG

CTA