Duhan terug in Britse Leeus se span

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Suid-Afrikaans gebore vleuel Duhan van der Merwe is terug in die Britse en Ierse Leeus se span vir Woensdag se toerwedstryd teen die Haaie op Ellispark in Johannesburg.

Duhan van der Merwe druk 'n drie in die Britse en Ierse Leeus se wedstryd teen Japan in Edinburg. Foto: Getty Images
Duhan van der Merwe druk 'n drie in die Britse en Ierse Leeus se wedstryd teen Japan in Edinburg. Foto: Getty Images

Warren Gatland, die afrigter, het met die Ierse slot Iain Henderson ook sy derde kaptein in soveel wedstryde aangestel. Conor Murray, wat die beseerde Alun Wyn Jones as toerkaptein vervang het, tel onder die plaasvervangers.

Drie spelers - Tom Curry, Josh Navidi (albei flanke) en Adam Beard (slot) - gaan hul buiging vir die Leeus maak.

Die Leeus mik na hul derde agtereenvolgende oorwinning nadat hulle vir Japan in Edinburg en Suid-Afrika se Leeus in Johannesburg geklop het.

"Woensdagaand se wedstryd is vir ons nog 'n kans om kombinasies onder die loep te neem. Ek sien uit om te sien hoe die lostrio vaar. Dis 'n opwindende kombinasie," sê Gatland.

"Ons verwag nog 'n fisieke toets teen 'n span wat geken word aan sy kragspel en ambisie."

• Britse en Ierse Leeus: Liam Williams, Anthony Watson, Elliot Daly, Bundee Aki, Duhan van der Merwe, Dan Biggar, Gareth Davies, Sam Simmonds, Tom Curry, Josh Navidi, Adam Beard, Iain Henderson (k), Zander Fagerson, Luke Cowan-Dickie, Mako Vunipola. PLAASVERVANGERS: Ken Owens, Rory Sutherland, Tadhg Furlong, Tadhg Beirne, Jack Conan, Conor Murray, Stuart Hogg, Chris Harris.

SPELETJIES VANDAG

CTA