Maties groot toets vir Shimlas

Chadd Adams van Shimlas probeer die bal bemeester teen UWK.Foto: gallo
Chadd Adams van Shimlas probeer die bal bemeester teen UWK.Foto: gallo

Die Universiteit van die Vrystaat se groot toets onder André Tredoux en Swys de Bruin kom straks môre op Shimla-park wanneer hulle die Universiteit van Stellenbosch in die Varsitybekerreeks pak.

Die Bloemfonteinse span is tans die pasaangeër ná die eerste ronde danksy 'n oortuigende sege die afgelope Maandag.

Hulle sal egter deeglik getoets word deur 'n Maties-span wat verlede week gestoei het om Tuks in Pretoria te klop.

Vir die Shimlas was die sege oor die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) 'n klinkende een.

Die Stellenbossers is vir 'n tweede week in 'n ry op die pad en het teen die Tukkies gewys hulle weet hoe om bo uit te kom as die wedstryd in 'n gestoeiery ontaard.

In Kaapstad sal die Ikeys poog om hul onoorwonne status te behou met die Universiteit van Johannesburg wat onder Tafelberg gaan kuier.

Die Ikeys se terugveg-sege oor die NWU Eagles sal die span hope selfvertroue op hul tuisveld gee. Die Johannesburgers het in 'n opwindende eerste wedstryd 'n gelykop-uitslag behaal.

Nog 'n moeilike stryd wag op Paul Treu se UWK teen die Eagles in Potchefstroom. Hulle is verlede week deur die Shimlas in die eerste helfte oorweldig.

Die Universiteit van Pretoria sal oorgehaal wees om op die wenpad te kom wanneer hulle die NMU Madibaz in Gqeberha die stryd aansê.

Wits en die Ixias se tweestryd in Johannesburg môreaand behoort ook vir vonke te sorg. Albei spanne is ook nog in die geveg vir oorlewing in die kompetisie.

  • Ikeys t. UJ (17:00, regstreeks op SS 211); Shimlas t. Maties (19:00, regstreeks op SS 211); Madibaz t. Tuks (19:00); Eagles t. UWK (19:00); Wits t. Ixias (19:00).

SPELETJIES VANDAG

CTA