Keane se doel red Everton

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Michael Keane was verheug nadat hy ’n doel reg teen die einde behaal het om Everton met 1-1 teen Tottenham gelykop te laat eindig. Foto: Getty Images
Michael Keane was verheug nadat hy ’n doel reg teen die einde behaal het om Everton met 1-1 teen Tottenham gelykop te laat eindig. Foto: Getty Images

Michael Keane het Maandagaand 'n skitterende doel in die doodsnikke van Everton se wedstryd teen Tottenham Hotspur aangeteken om die kragmeting met 1-1 gelykop te laat eindig.

Keane se poging 30 m van die doelhok af het Tottenham se doelwagter, Hugo Lloris, heeltemal onkant betrap. Met dié doel het Keane ook vergoed vir die strafskop wat hy in die 68ste minuut afgestaan het toe hy Cristian Romero platgetrek het.

Daardie onwettige duikslag het gelei tot Tottenham se doel, wat deur Harry Kane aangeteken is.

"Julle sal dit nie glo nie, maar ek tref die bal elke nou en dan in oefeninge ook só. Om een van daar af in 'n wedstryd in te kry is heerlik," sê Keane.

Danksy dié uitslag bevind Everton hom nou in die 15de plek op die puntelys, maar die relegasiespook hang steeds oor hom.

Tottenham is in die vierde plek ná Arsenal, Manchester City en Newcastle. - Reuters

SPELETJIES VANDAG

CTA