Blitsbokke pak Fidji in eindstryd

Angelo Davids vroeër in die Statebondspele teen Skotland in aksie. Hy het al drie keer ’n driekuns aan drieë in dié toernooi gedruk.Foto: Getty Images
Angelo Davids vroeër in die Statebondspele teen Skotland in aksie. Hy het al drie keer ’n driekuns aan drieë in dié toernooi gedruk.Foto: Getty Images

Die Blitsbokke speel Sondagaand teen Fidji in die eindstryd van die Statebondspele.

Die eindstryd word om 22:04 (SA tyd) beslis.

Suid-Afrika het Australië Sondag in die halfeindronde met 24-12 in Coventry geklop. Angelo Davids het drie drieë gedruk. Dit is die derde wedstryd in die toernooi waarin hy dié prestasie vermag.

Fidji het Nieu-Seeland in die eerste halfeind met 19-14 getroef. Die Fidjiane het die wendrie in bykomende speeltyd gedruk. Die Kiwi's het die goue medalje in vyf van die vorige ses toernooie by die Statebondspele gewen.

Mark Nawaqanitawase het die eerste punte van die wedstryd tussen die Blitsbokke en die Aussies op die telbord gesit toe hy gaan druk het. Australië het daarna aanvanklik die meeste balbesit geniet, maar kon dit nie in punte omskep nie.

Toe gaan druk Angelo Davids sy agtste drie van die naweek, nadat hy 'n skop van Selvyn Davids opgevolg het.

Ongelukkig het die Australië kort daarna weer gaan druk, toe Matthew Gonzalez deurgedraf het. Maar net nadat daardie drie aangeteken is, is Henry Hutchinson met 'n geel kaart afgestuur.

Voordat die fluitjie vir rustyd geblaas het, het Angelo Davids weer gaan druk. Teen rustyd was die telling 12-12.

Vroeg in die tweede helfte het Selvyn Davids die Blitsbokke se derde vyfpunte aangeteken.

In die tweede helfte het Angelo Davids sy derde drie van die wedstryd gedruk.

• Puntemakers:Suid-Afrika 24 (12): Drieë: Angelo Davids (3), Selvyn Davids. Doelskoppe: Ronald Brown, Selvyn Davids.

Australië 12 (12): Drieë: Mark Nawaqanitawase, Matthew Gonzalez. Doelskop: Dietrich Roache.

SPELETJIES VANDAG

CTA