Soos verwag is Tazmin Brits en Delmi Tucker by die Protea-vrouekrieketspan vir die Statebondspele in Birmingham ingesluit.
Krieket Suid-Afrika het Woensdagaand in 'n verklaring aangekondig dat die twee spelers in die plek van Marizanne Kapp, Trisha Chetty en Tumi Sekhukhune sal diens doen.
Suid-Afrika se eerste wedstryd op die Spele is Saterdag teen Nieu-Seeland.
Kapp het die T20-reeks teen Engeland, wat Maandag geëindig het, weens persoonlike redes misgeloop, met Sekhukhune wat op die krukkelys is. Chetty, 'n paaltjiewagter, het las van 'n rugbesering.
Brits (31) en Tucker (25) is reeds in Brittanje. Hulle was albei in die T20-reeks teen Engeland, wat tuisspan met 3-0 gewen het, in aksie.
• Die Protea-span vir die Statebondspele: Suné Luus (k), Chloé Tryon, Anneke Bosch, Tazmin Brits, Nadine de Klerk, Mignon du Preez, Lara Goodall, Shabnim Ismail, Sinalo Jafta, Ayabonga Khaka, Masabata Klaas, Nonkululeko Mlaba, Delmi Tucker, Laura Wolvaardt.





















